WINTER LAMSKENKEL EN GROENTE POTJIE
1 kg lamskenkel
3 uie gekap
1 teelepel gekapte knoffel (opsioneel)
3 medium aartappels elk in 6 blokkies gesny
1 grooterige patat geskil en in blokkies gesny
1/2 butternut opgrsny in blokkies
4 wortels grof opgesny
1 pakkie sampioene dikkerige skywe gesny
brocolli
blomkool
1/2 koppie Jimmies sous
sout en peper na smaak
kookwater
Bisto
Braai skenkel tot bruin en verseël roer uie by en braai vir ongeveer 15 minute.
Voeg ongeveer 3 koppies kookwater by en laat dit stadig prut vir so 30 minute.
Steek met vurk en as die vleis so amper gaar is, roer die knoffel en ‘n 1/2 koppie Jimmy sous by en pak jou groente in lae op die vleis en eindig met jou blomkool en broccoli voeg nou jou sout en peper na smaak en gooi nou nog so 3 – 4 koppies kookwater by en laat die pot lekker stadig prut totdat groente gaar maar nie sag is.
Verdik met bietjie Bisto en roer versigtig in en kook deur.
Ons het heerlik gesmul aan hierdie potjie voor die kaggel gistraand!
Foto en resep geplaas deur Rosemarie Maytham








