YSKASLEEGMAAKTERT
Alles wat in Saterdagaand se gereg was en dit is, steak repies, tamaties, broccoli, avo en hardgekookte eiers. Ek het net bietjie bacon oorgestrooi en getop met bietjie kaas en toe ‘n geklitste eier, melk en potato bake mengsel oorgegooi om te laat stol. Onder in die bak het ek driehoekig gesnyde broodsnye gepak sodat hulle oorvleuel om ‘n soort van ‘n kors te vorm, voor ek die ander bestanddele daarop gepak het.
Nadat die hele spul bymekaar gesit is, word dit natuurlik in die oond gebak vir so 30min by 180ºC.
Foto en resep geplaas deur Adam Cloete
Nadat die hele spul bymekaar gesit is, word dit natuurlik in die oond gebak vir so 30min by 180ºC.