WORS EN GROENTEPASTEI MET MAKLIKE KORS
Hiermee my aandeel vir die eenskottel geregte
Stel oond op 200ºC.
Bietjie olie
1 kg boerewors, in skyfies gesny
2 uie
2 knoffelhuisies, gekneus
1 groenrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 pak sampioene, in skywe gesny
410 g gekapte tamaties
1 eetlepel pietersielie
125 ml rooiwyn
2 eetlepel tamatiesous
Sout en peper na smaak
125 ml dik room
Kors:
2 koppies koekmeel
2 teelepel bakpoeier
6 eetlepels botter
2 eiers
5 eetlepels melk
1 eetlepel droë gemengde kruie
Verhit olie in kastrol en braai wors tot bruin! Skep uit!
Braai uie, knoffel en soetrissie en sampioene tot sag
Skep wors bo op
Voeg tamaties, pietersielie, wyn en tamatiesous by. Geur met sout en peper, prut 20 min. Verwyder van ditte en roer room by.
Skep in gesmeerde oondskottel
Kors:
Sit meel en bakpoeier saam, vryf botter in. Klits eiers, melk en kruie saam en voeg by meel mengsel. Meng tot deeg en vorm balletjies en pak bo op wors mengsel!
Bak 25 min
Geniet
Baie lekker!!!
Foto en resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis