PERLEMOEN IDEES

perlemoentested

PERLEMOEN IDEES

Alta Nel Kriel
As jy gemaalde perlemoen neem, moet jy dit bietjie kook. As dit gaar is sal die water en perlemoen ‘n bruinerige kleur hê en nie meer so wit (vaal) wees nie. As jy dit net braai gaan dit nog taai wees tensy dit baie vars perlemoen is wat dieselfde dag wat jy dit gebruik uitgehaal is. As dit sag is gooi bietjie sout, swartpeper, neut, botter en room in. Bedien op rys of met kapokaartappels. Heerlik!!!

Nicolette Fick
Ons het altyd die heel perlemoen gepressure cook. Dan maal en dan geprut in ‘n pot met neut, botter, suurlemoensap en dan 250ml room op 5 perlemoene.

Nicolette Fick
Die sagste, min moeite perlemoen is – sny in repe (soos dik chips), gerasperde kaas bo-op, wrap met bacon, stip met botter. Maak toe met tinfoil en bak vir 1 uur teen 220. Die resep het prys gewen vir beste perlemoenresep op Hermanus se Perlemoenfees.

Lowna Schutte
Baie lekker gemeng met fyn aartappel en dan gebraai soos koekies, moenie te lank op die stoof wees nie……………..smaak dan na niks

Elsje Koen
My ma het altyd die gaar gemaalde perlemoen gemeng met ‘n houertjie room, sout, genoeg swart pepper en knertsie suurlemoensap. Bedien op rys op ‘n skulp klein bordjie. Was altyd ‘n wenner.

Beulah Visser
Alles na smaak: Gemaalde perlemoen, Witbroodkrummels, melk, gerasperde neut, botter, witwyn, suurlemoensap, sout, peper, bietjie suurlemoensap, gerasperde cheddarkaas. Kook tot gaar. Mens proe maar tot die smaak na jou sin is, het ongelukkig nie ‘n resep met hoeveelhede nie. Bedien op rys. My man wat geen kaas van enige aard eet nie sê altyd hy kan sy vingers agterna opeet. ‘n Goeie plaasvervanger vir perlemoen is gemaalde knopie sampioene!




KREEF VOORGEREG

kreefstertjiestested
KREEF VOORGEREG

Ons het die sterte vooraf gekook en uitgedop en in blokkies gesny en in ‘n beslag gedip wat bestaan uit:
‘n eetlepel gesmelte botter
1 k selfraising meel
75 ml melk
1 t sout
2 e crushed garlic
een geklitste eier
en dan in olie gebak tot goudbruin!!

Foto 1:  Gideon Louw

Foto 2: Gideon Louw
Vroulief was uithuisig toe vat ek my kans en maak vir my die heerlike mossel eetdingetjie.
Ek het die deegreseppie gebruik en ook in olie gebak.
Sommige mosseltjies het ek netso in die olie gebak en saam met ‘n gekoopte dip geniet.




MUSSELS ALA MAY

mossels - maytested

MUSSELS ALA MAY

I just made: onion and tomato sauce added garlic salt & pepper, Ina Paarman green onion spice and cooked that all together and then added mussels – if i had some white wine i would have added some but did’nt, but it was good anyway.

I bought Crumbed Calamari from PnP and  “deep fry”  it. I had some mayonnaise with garlic as a dip, the stirfry was onion, green peppers cabbage and mushrooms. Also just added salt & pepper and Ina Paarmans green onion spice to it. When you deep fry just make sure they are crispy then they are not tough

May van der Merwe




SEEKOS MASALA KERRIEPOT

2014-07-01-seekosmasalakerriepottested

SEEKOS MASALA KERRIEPOT
Resep:  Jan Kruger
Foto: Annelie van der Merwe-Kruger
FOOD LOVERS RECIPES
No 3 pot / 5 lt
1 kg prawn skoongemaak (net sterte)
½ kg calamari repies
½ kg mossels (ontskulp)
1 kg ontbeende hake fillette
½ kg uie – in ringe gesny
50 ml masala kerriepoeier
15 ml medium kerriepoeier (pas aan na smaak)
15 ml komyn saadjies
10 ml borrie
20 ml suiker
15 ml sout
10 ml swart peper
2 huisies knoffel fyngekap
3 lourierblare
2 steranyse
1 blik klappermelk (nie lite of die room nie)
100 ml water (indien nog vog benodig)
100 ml sonneblomolie
½ liter semi-soet wit wyn
250 ml Mrs B blatjang

Giet sonneblomolie in pot.
Voeg by kerriepoeiers, cumin, borrie in warm pot.
Wanneer ruik is die geure lekker uit.
Voeg dan die uie by.
Draai hitte af.
Uie moet net glaserig word.
Voeg knoffel, lourierblare, steranys by.
Roer vining, net bietjie kook.
Voeg wyn, chutney, suiker, sout, swartpeper en alle seekos by.

Kook oor matige hitte met deksel op vir +- ¾ – 1 uur.
Moenie baie vining borrel anders brand dit vas.
Na 1 uur voeg klappermelk by.
Haal deksel af en laat vog verminder.
Indien te droog, giet van die 100 ml water by.
Indien te waterig kan verdik word met maizena.
(ontvries seekos sodat daar nie te veel water in pot gaan)
Laat staan vir 10 minute met deksel op voor opdiening.
Bedien met basmati rys.
Geniet!!




LEKKER SEEKOS – PERLEMOEN KOEKIES

2014-06-30-lekkerseekostested

LEKKER SEEKOS – PERLEMOEN KOEKIES

Lekker seekossies gewees – angel vis prauwns, perlemoen en allekruk frikkies, mieliegereg en avo – niks lekkerder
Die allekruk en perlemoen word gestoom vir so 20 min – dan maak ek fyn in twister – dan vries ek dit in pakkies. Wanneer ek dit wil gaarmaak laat ek dit ontdooi. Meng 2 snye witbrood wat gekrummel is daarin met sout peper en koljander. Eier bietjie meel en krummels en pietersielie – ek gaan maar so op gevoel – maak bolletjies en laat rus in yskas vir 20 min. Braai dan in vlakolie – draai aanmekaar om – net tot goudbruin

BRON- Marietjie Nel




PRAWNS ALA HERMAN

2014-06-30-prawnsalahermantested

PRAWNS ALA HERMAN
So bietjie (groot) prawns, grilled salmon (alles buite op die Weber) afgerond met ‘Spur style’ uie ringe en pink Spur sous. Man, hoe geniet ons dit toe nie vanaand hier in die UK nie. Ek het al vergeet hoe maklik en vinnig die Spur uie ringe gemaak word! Love it!
Dis maar ‘n eenvoudige resep, maar die een wat ons verkies want jy proe nog die see! In die wok is seker so 100ml olyf olie en 2 eetleppels botter. Laat smelt en voeg vars of ontvriesde prawns by. Dokter met fyn knoffel so veel soos jy voor lus het en roer in. As al die prawns pink is, is dit reg vir opdien. Alles vat onder 10 minute! Meeste werk is die wok se skoonmaak! Ons gooi nooit sout of speserye by nie. Dit beinvloed die smaak te veel. Geniet!

Die uieringe word so gemaak: sny uie in ringe. Maak los van mekaar, spoel af. Jy soek klein bietjie nattigheid vir droë mengsel om aan vas te klou. Ek het 3 medium uie gebruik.
Dan ‘n koppie en ‘n half bruismeel, meng 2 teelepels garlic granules by en 
1 teelepel aromat.
Meng droë bestanddele. Sit in plastiek sak, voeg uieringe by. Blaas sak bietjie op en skud die lot goed totdat al die uieringe met die droë mengsel bedek is.
Maak seker jou olie is so 180C.  Ek gebruik my deep fryer. As die olie te koud is, kom die ringe te pap uit en die meel val af.  Uie is klaar as hulle goud bruin en crispy is.
Smaak nes die Spur s’n! Geniet…..

BRON- Herman Fick




CRAYFISH CURRY

Crayfish Curry

CRAYFISH CURRY
6-8 whole crayfish
5 large onions chopped very fine
8 cloves of garlic peeled and grated on fine side of grater.
3&1/2 tablespoons of Masala ( I only use Packo Masala)
1 tablespoon of turmeric
1 tablespoon of paprika
3 cardamon pods
3 cinnamon sticks
5 tablespoons of vegetable oil
Salt to taste

Clean crayfish by pulling tail from the body , cut tail open on soft side with a sharp knife and pull out the long vain containing the grit . Now cut all the tails in half . The top body with all the claws is where all the flavor lies . Cut the top body in half . The deep orange soft gooey matter inside the top body are the gold , loads of flavor , do not throw it away – and that is the trick to get massive flavour . Crayfish cleaned and prep in bowl , cover and place in fridge .

In a very large pot , heat oil , add all the onions and fry on medium heat till golden brown , add one cup of boiling water , simmer till water has dissolved . Repeat this process of adding boiling water and cooking it down with the onions three times , now add all your spices , garlic and salt . Add 1/2 a cup of hot water and Braise for about five minutes . Now add all the crayfish , stir the pot , add 3 cups of hot water and cook on medium to high heat for 15 minutes stirring occasionally . Now bring heat down to medium and simmer for a further ten minutes .

Serve with rice or buttered soft rolls .

As you can see there are not many spices and ingredients in this dish , the crayfish is the star and adding any more spices would take away from the flavors of this delicious seafood ..

Recipe:  Fatima Sydow
Photo:  Maryke Smit Robberts




SMAAKLIKE SEEKOS PASTA

2014-06-20-smaaklikeseekospastatested

SMAAKLIKE SEEKOS PASTA
2 medium gekapte uie
1 x 250gr sampioene in skyfies gesny
500 gr garnale
1 teelepel gekapte knoffel – opgehoop (opsioneel)
1 pakkie sampioensop
1 liter melk
1 blikkie gerookte mossels – fyngedruk met vurk in die olie
1 koppie gerasperde kaas
3 – 4 koppies gaar pasta
Suurlemoen sap na smaak
Sout en peper
Pietersielie – fyn gekap vir garnering
Braai uie en knoffel tot bruin, roer sampioene in en braai tot gaar.
Roer garnale in en braai stadig tot gaar..

Maak soppoeier aan met melk bring tot kookpunt en roer die fyn mossels en kaas in die mengsel tot goed gemeng en kaas gesmelt is.

Roer nou die pasta en sopmengsel, wat nou lekker dik is by die garnaal mengsel en voeg sout en peper by na smaak. Roer goed en bring stadig tot kookpunt terwyl jy dit aanhoudend roer sodat dit nie aanbrand nie. Neem ‘n halwe suurlemoen en gee ‘n drukkie of twee na smaak. Nie te veel dat die suurlemoen die dis oorweldig nie.

Garneer met pietersielie
Bedien saam met ‘n groen slaai en “bon apetit”!

Bron: Rosemarie Maytham
Rosemarie Maytham Ek het vergeet om vanoggend voor werk vleis uit die vrieskas te haal en moes toe baie vinnig aan iets dink om te kook vir aandete. Die garnale ontdooi so vinnig as mens kookwater daaroor gooi en die dis was sommer gou, gou klaar! Ek het die resep sommer uitgedink soos ek die uie begin kap het. Ons het heerlik geëet en daar is meer as genoeg oor vir ons twee se middagete môre!




ELIZE’S AVOCADO RITZ

2014-06-08-avocadoritztested
ELIZE’S AVOCADO RITZ
(serves 4)
2 avocados, ripe but firm
1 lemon
16 – 20 cooked shrimp
shredded lettuce
Seafood sauce:
60 ml mayonnaise
25 ml tomato sauce
10 ml brandy
a pinch of cayenne pepper or a dash of Tabasco, optional
¼ teaspoon salt

In a small bowl, whisk together the sauce ingredients.
Halve the avocados and remove the seeds and peel. Squeeze the lemon juice over the avocados to keep them from turning brown.
Place each avocado half on the lettuce, pile the shrimp in the seed cavity, and drizzle on the seafood sauce.

Recipe and photo: Elize de Kock




MUSSELS IN NO TIME

2014-06-05-mosselpot

MUSSELS IN NO TIME
100 ml white wine
125 ml cream
10 ml maizena
30 ml water
2.5 ml garlic and herb spice
Salt and black pepper
30 ml chopped spring onion
900 g mussels in shells
1 x 250 ml mussels without shells

In a saucepan bring all ingredients to the boil. Now add mussels and simmer until mussels are done. 30 ml chopped parsley should be added just before mussels are done
I used frozen mussels, canned mussels can be used.
Recipe and photo: Elize de Kock