PERLEMOEN IDEES
Alta Nel Kriel
As jy gemaalde perlemoen neem, moet jy dit bietjie kook. As dit gaar is sal die water en perlemoen ‘n bruinerige kleur hê en nie meer so wit (vaal) wees nie. As jy dit net braai gaan dit nog taai wees tensy dit baie vars perlemoen is wat dieselfde dag wat jy dit gebruik uitgehaal is. As dit sag is gooi bietjie sout, swartpeper, neut, botter en room in. Bedien op rys of met kapokaartappels. Heerlik!!!
Nicolette Fick
Ons het altyd die heel perlemoen gepressure cook. Dan maal en dan geprut in ‘n pot met neut, botter, suurlemoensap en dan 250ml room op 5 perlemoene.
Nicolette Fick
Die sagste, min moeite perlemoen is – sny in repe (soos dik chips), gerasperde kaas bo-op, wrap met bacon, stip met botter. Maak toe met tinfoil en bak vir 1 uur teen 220. Die resep het prys gewen vir beste perlemoenresep op Hermanus se Perlemoenfees.
Lowna Schutte
Baie lekker gemeng met fyn aartappel en dan gebraai soos koekies, moenie te lank op die stoof wees nie……………..smaak dan na niks
Elsje Koen
My ma het altyd die gaar gemaalde perlemoen gemeng met ‘n houertjie room, sout, genoeg swart pepper en knertsie suurlemoensap. Bedien op rys op ‘n skulp klein bordjie. Was altyd ‘n wenner.
Beulah Visser
Alles na smaak: Gemaalde perlemoen, Witbroodkrummels, melk, gerasperde neut, botter, witwyn, suurlemoensap, sout, peper, bietjie suurlemoensap, gerasperde cheddarkaas. Kook tot gaar. Mens proe maar tot die smaak na jou sin is, het ongelukkig nie ‘n resep met hoeveelhede nie. Bedien op rys. My man wat geen kaas van enige aard eet nie sê altyd hy kan sy vingers agterna opeet. ‘n Goeie plaasvervanger vir perlemoen is gemaalde knopie sampioene!








