(kook met 7 bestandele Christa Welgemoed)
8 hoenderporsies – ek ht boutjie gebruik
1 pakkie wituiesoppoeier
40ml olie
1 blikkie pynappels
15ml sojasous
15ml bruinsuiker
1t hoender spice
Rol die hoender in die wituiesoppoeier en braai bruin aan weerskante skep uit en hou eenkant
In n swartpot het ek n ui gebraai plaas dan gebraaide hoender bo op
Meng al die ander bestandele en ook die pynappel stukke en sous
Ek het hier aartappels ook by gesit en so 3ml lemoen en roosmaryn spice
Laat prut vir 1uur
Ek het my sousie net bietjie dikker gemaak met mazina
Baie lekker – sal weer maak
Benhet Nieuwenhuis