PRAWNS ALA HERMAN
So bietjie (groot) prawns, grilled salmon (alles buite op die Weber) afgerond met ‘Spur style’ uie ringe en pink Spur sous. Man, hoe geniet ons dit toe nie vanaand hier in die UK nie. Ek het al vergeet hoe maklik en vinnig die Spur uie ringe gemaak word! Love it!
Dis maar ‘n eenvoudige resep, maar die een wat ons verkies want jy proe nog die see! In die wok is seker so 100ml olyf olie en 2 eetleppels botter. Laat smelt en voeg vars of ontvriesde prawns by. Dokter met fyn knoffel so veel soos jy voor lus het en roer in. As al die prawns pink is, is dit reg vir opdien. Alles vat onder 10 minute! Meeste werk is die wok se skoonmaak! Ons gooi nooit sout of speserye by nie. Dit beinvloed die smaak te veel. Geniet!
Die uieringe word so gemaak: sny uie in ringe. Maak los van mekaar, spoel af. Jy soek klein bietjie nattigheid vir droë mengsel om aan vas te klou. Ek het 3 medium uie gebruik.
Dan ‘n koppie en ‘n half bruismeel, meng 2 teelepels garlic granules by en 1 teelepel aromat.
Meng droë bestanddele. Sit in plastiek sak, voeg uieringe by. Blaas sak bietjie op en skud die lot goed totdat al die uieringe met die droë mengsel bedek is.
Maak seker jou olie is so 180C. Ek gebruik my deep fryer. As die olie te koud is, kom die ringe te pap uit en die meel val af. Uie is klaar as hulle goud bruin en crispy is.
Smaak nes die Spur s’n! Geniet…..
BRON- Herman Fick








