WENKE VIR HIGIENIESE HANTERING VAN HOENDER
In bredie, roerbraai, gebraai of gestoom, hoender se veelsydigheid ken geen einde nie. Verwyder die vel, dan is dit een van die goedkoopste keuses, as dit by gesond eet kom.
Bedek hoender dadelik om dit teen bakterieë te beskerm.
Wees veilig met hoender: Hoender is hoogs bederfbaar en moet daarom met sorg hanteer word. Bakterieë vermeerder by ‘n sekere graad van hitte, temperature tussen 8ºC en 75 °C is die gevaarsone. Verhoed bederf deur kos so vinnig as moontlik buite hierdie gevaarsone te kry, hetsy deur dit te verhit of bo 75 °C warm te hou of so vinning as moontlik te laat afkoel en dan in die yskas te plaas.
Yskas wenke: Moenie warm kos in die yskas plaas nie, dit maak al die ander kos in die yskas meer vatbaar vir bakteriese bederf.
Bêre rou vleis op die onderste rak van die yskas en gaar kos op die boonste rakke, sodat rou kos nie op gaar kosse kan drup nie.
Continue reading
Author Archives: Linda Venter
KRUMMELPAP VERRASSING
KRUMMELPAPTERT
LEKKER KERRIE EIERS
Braai 2 middelmatige uie in 2 eetlepels vet/olie tot bruin en geurig.
Skep uit en sit eenkant.
Neem ‘n kastrol, sit daarin:
3 eetlepels koekmeelblom
1 eetlepel botter
1 teelepel borrie
½ teelepel kerrie
knippie sout
Laat dit smelt en meng goed. Roer gedurig. Voeg by 2 koppies water en klits.
Laat dit kookpunt bereik en voeg 2-3 eetlepels suiker en half koppie asyn by.
Voeg gebraaide uie by, en ‘n halwe na 1 koppie gerasperde kaas.
Gooi sous oor eiers en laat staan vir ‘n half uur.
KAAS EN MARMITE TERT


KAAS EN MARMITE TERT
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
125 ml melk
1 ½ eetlepel botter
2 groot eiers
125 ml suiker
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
Sous:
2 hoog vol eetlepels margarien of botter
2 eetlepels Marmite
Verhit die melk en botter.
Klits die eiers en suiker saam.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam,
Vou meelmengsel in eiermengsel en roer melk en botter mengsel by.
Skep in gesmeerde tertbak en bak vir 30 minute tot gaar.
Sous:
Smelt die margarien/botter en Marmite saam in ‘n mikrogolf oond.
Giet die sous bo-oor sodra die tert uit oond kom
Sprinkel fyn gerasperde kaas bo-oor solank tert nog warm is.
Bedien dadelik.
Foto: Wayne Dugmore
BAR ONE SOUS VIR ROOMYS
BAR ONE SOUS VIR ROOMYS
(4 porsies)
‘N Paar scoops van vanielje roomys bedek met ‘n ryk en dekadente sjokolade sous is ‘n gewilde fees wêreldwyd. En toe die sjokolade sous tuisgemaakte, is dit nog beter. Volg hierdie maklike resep die smaaklikste Bar One sous wat jy al ooit geproe om te skep! Continue reading
BEEFY STEW
CADBURY WHISPERS EN MERINGUE POEDING
1 groot sjokolade rolkoek
1 koppie room
1 houertjie maaskaas
1 blikkie kondensmelk
75 ml suurlemoensap
1 groot pak Cadbury Dairy Milk Whispers (Maltesers)
10 – 15 klein meringues Continue reading
CRUNCHIES
(serves 20-24)
A crunchie is the perfect sweet treat to enjoy with a cup of hot coffee or tea, or with ice-cream for dessert. Follow this easy recipe and make a batch or two of the crispiest oat crunchies on the planet.
180 g margarine
2 cups oats
1 cup coconut
1 cup cake flour
1 cup sugar
1 tablespoon syrup
1 teaspoon bicarbonate Continue reading
BYKOSSE SAAM MET N BRAAI
Irma de Jager
Kook so 6-8 aartappels. Skil af. Klits 1 houer room tot redelik styf (nie TE styf nie). Meng met 1 blik Creamy Mushroom sop. Pak nou lae aartappel, Aromat, knoffelvlokkies, sopmengsel en gerasperde Cheddarkaas. Eindig met kaas en bak vir 30-40 minute in oond. Jy gaan jou vingers afeet!!!! Aartappels moet in skywe gesny word.
Jenel Ralph van Wyk
Baby patatoes- met botter en bruin uie sop of sundries tamato slaai sous en ‘n gekapte ui! Dis my lui braaivleis geregte.
Tillie Minnaar Oosthuizen
Maak bolletjies met gekoopte deeg. Pak in oondgesmeerde bak, gooi room bo-oor en dan kaas. Bak in oond vir 1 uur. Moeitevry en lekker bykos. Jy kan pitmiekies of enige iets in deeg inbrei voor jy bolletjies maak. Continue reading










