1 groot sjokolade rolkoek
1 koppie room
1 houertjie maaskaas
1 blikkie kondensmelk
75 ml suurlemoensap
1 groot pak Cadbury Dairy Milk Whispers (Maltesers)
10 – 15 klein meringues
Metode:
Klits room styf en voeg suurlemoensap by.
Klits goed.
Klits maaskaas en kondensmelk by roommengsel.
Meng goed.
Maak helfte van Cadbury Whispers en meringues fyn en voeg by roommengsel.
Sny sjokoladerolkoek in skyfies en pak 1 laag in glasbak.
Gooi helfte van roommengsel oor.
Pak nog ‘n laag rolkoek en gooi res van roommengsel oor.
Laat stol in yskas.
Versier met res van die Cadbury Whispers en meringues.
Heerlik!!
BRON- Louise Venter