Skep die krummelpap in ‘n lekker groot mengbak, voeg die room mielies en room by die pap. Meng goed.
Braai die geel, groen, rooi rissie saam met die varkspek in botter met knoffel.
Voeg die sampioene by en braai tot lekker bruin.
Voeg die gebraaide bestanddele in die mengbak met die pap en meng goed.
Skep dit in ‘n oondpan, gooi die kaassous bo-oor en strooi die gerasperde kaas bo-op die kaassous.
Sit in die oond sodat die kaas kan smelt.
As jy nie alles wil meng nie kan jy die pap in lae met die gebraaide bestanddele in bak gooi.
Geniet dit saam met daai lekker lamstjoppie!!
Resep en foto: Yolanda








