Braai 2 middelmatige uie in 2 eetlepels vet/olie tot bruin en geurig.
Skep uit en sit eenkant.
Neem ‘n kastrol, sit daarin:
3 eetlepels koekmeelblom
1 eetlepel botter
1 teelepel borrie
½ teelepel kerrie
knippie sout
Laat dit smelt en meng goed. Roer gedurig. Voeg by 2 koppies water en klits.
Laat dit kookpunt bereik en voeg 2-3 eetlepels suiker en half koppie asyn by.
Voeg gebraaide uie by, en ‘n halwe na 1 koppie gerasperde kaas.
Gooi sous oor eiers en laat staan vir ‘n half uur.







