
OMGEKEERDE MIELIEPAPKOEK
1 ½ koppies mieliemeel
1 pakkie sampioen soppoeier
1 ½ koppies water, waarby klein bietjie olie gevoeg is
1 blikkie gemengde groente
100 g ontbytspek, in stukkies gekap
klein knippie sout, na smaak
Meng die meel en soppoeier en maak ‘n slap pasta aan met ‘n bietjie van die oliewater. Bring die ander oliewater tot kookpunt en voeg die knippie sout en meelmengsel by en roer goed deur.
Stel die hitte laer en prut die pap vir ongeveer 30 minute terwyl dit gereeld geroer word. Continue reading
Category Archives: Mielies & Mieliemeel/ Mealies & Maize
MIELIEPAP OP VYF MANIERE


MIELIEPAP OP VYF MANIERE
“Shirley Boshoff het ‘n oulike papresep opgesit vir die wat nie kan pap maak nie. Briljante idee, ongelukkig was dit net ‘n foto. Hier is dit uitgetik maar met aanpassings soos ek in my kombuis maak. Ma Annatjie se kombuis – dis waar ek leer pap maak het!”
Vinnige mikrogolf stywe pap:
2 koppies mieliemeel
30 ml botter
4 koppies (1liter) warm water
5 ml sout
Roer al die bestanddele in ‘n mikrogolfvaste bak, niktogolf in mikrogolfoond vir 12 minute op hoog, roer elke twee minute met vurk. Roer meer botter in, na smaak. Kan langer in mikrogolf gesit word indien die smaak nog rou is, in een minuut sarsies. Continue reading
ANGIE SE STAMPMIELIE-EN-MAALVLEISGEREG


ANGIE SE STAMPMIELIE-EN-MAALVLEISGEREG
Vir die stampmielie-liefhebbers hierdie is nie ‘n gebak nie, net n lekker eenpot-aandete. Gemaak met oorskietstampmielies (of twee blikkies stampmielies indien dit beskikbaar is!) Ek kan hierdie resep aanbeveel – en omdat Angie vir my die resep gegee het, is dit Angie se stampmielie-en-maalvleisgereg. Sit dit voor met ‘n slaai en/of knoffelbrood.
30 ml olie
1 groot ui, gekap
1 groensoetrissie, ontpit en in blokkies gesny
4 knoffelhuisies, gekap
500 g maalvleis
30 ml kerriepoeier
30 ml breyani masala
6 kerrieblare Continue reading
MIELIEBROOD EN VARIASIES


MIELIEBROOD EN VARIASIES
Recipe posted by Peter Ricken
FOOD LOVERS RECIPES
375 ml (1½ koppie) melk
500 ml (2 koppies) mieliemeel
5 ml (1 teelepel) sout
50 ml (4 eetlepels) botter of margarien
3 eiers
10 ml (2 teelepels) bakpoeier
30 ml (2 eetlepels) suiker
30 ml (2 eetlepels) koekmeel
Verhit 250 ml (1 koppie) melk en meng res van die melk met die mieliemeel, koekmeel en suiker.
Voeg aangemaakte meel, sout en botter by die warm melk en roer goed.
Laat afkoel en voeg die goed geklitste eiers en bakpoeier by. Continue reading
KALLIE SE PAPTERT


KALLIE SE PAPTERT
½ koppie mieliemeel
½ koppie gerasperde Cheddar kaas
1 blikkie geroomde mielies
2 eiers
1 koppie melk
½ teelepel sout
1 teelepel bakpoeier
knypie rooipeper
Meng alles saam en bak in ‘n gesmeerde vuurvaste bak vir 1 uur op 180°C.
Genoeg vir 4 volwassenes.
Resep en foto: Esme Reynecke
MIELIE PLAATKOEKIE POFFERTJIES


MIELIE PLAATKOEKIE POFFERTJIES
Lekker mielie plaatkoekie-poffertjies gemaak vir kleingoed vanaand.
Meng die volgende saam en hou eenkant:
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knypie sout
1 eetlepel suiker
Meng die volgende saam:
1 eier
6 eetlepels melk
4 eetlepels water
2 eetlepels olie
1 blik suikermielies
Continue reading
VINNIGE PAPBALLE VAN OORSKIET PAP


VINNIGE PAPBALLE VAN OORSKIET PAP
Gisteraand pap en bees stew geëet en daar het baie pap oorgebly. Nou moes ek vinnig dink wat om met dit te maak saam gebraaide hoender dye.
Rol oorskiet pap in balle en pak in ‘n gesmeerde oondbak.
Gooi 125 ml room oor pap balle.
Strooi gerasperde kaas mildelik oor.
Bak in oond op 160 ºC op grill tot kaas bruin is. Dit was nou heerlik.
Resep en foto: Meisie van der Colff
MIELIES GEKOOK IN MELKWATER


MIELIES GEKOOK IN MELKWATER
Kyk elke mens maak seker sy mielies aan die stronk gaar op sy eie manier of wat ook al vir hom werk. Ek sit sommer my mielies met blare en al in die mikrogolf en tel 3 min per mielie, my man glo syne moet op die vuur gebraai word met knoffelbotter wat kort-kort oorgesmeer word. Maar toe sien hy ander dag die resep op faceboek en nou eet ons mielies op hierdie manier. Ek het aangedring op die mielies se middeldeur breek, want iemand het amper die kleinste pot in die kas gekies en ek mag nie kla nie. So hier is dit as julle dit dalk wil probeer.
Continue reading
HETTIE SE ROOMMIELIEKOEKIE ONTBYT


HETTIE SE ROOMMIELIEKOEKIE ONTBYT
1 blikkie soet roommielies
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
Opsioneel:
2 teelepels suiker of versoeter na smaak
Meng alles saam, (behalwe bolaag) skep groot lepels vol in warm olie of botter gesmeerde warm pan. Maak effens plat met agterkant van lepel.
Bak beide kante tot bruin. Sit in bord. Continue reading
MIELIEBROOD MET BRUISMEEL


MIELIEBROOD MET BRUISMEEL
Resep en foto: Elizabeth Haupt
FOOD LOVERS RECIPES
2 eiers
1 blik kondensmelk
500 g bruismeel
1 blik room mielies (sweetcorn)
sout
Ek het spring onion ingesny met ‘n knippie rooipeper ekstra.
Meng alles saam.
Bak brood op 180ºC vir 40 min of tot gaar toets.

