WENKE VIR HIGIENIESE HANTERING VAN HOENDER

2013-07-01-4goedwatjymoetweetoorhoender

WENKE VIR HIGIENIESE HANTERING VAN HOENDER
In bredie, roerbraai, gebraai of gestoom,  hoender se veelsydigheid ken geen einde nie. Verwyder die vel, dan is dit een van die goedkoopste keuses, as dit by gesond eet kom.
Bedek hoender dadelik om dit teen bakterieë te beskerm.
Wees veilig met hoender: Hoender is hoogs bederfbaar en moet daarom met sorg hanteer word. Bakterieë vermeerder by ‘n sekere graad van hitte, temperature tussen 8ºC en 75 °C is die gevaarsone. Verhoed bederf deur kos so vinnig as moontlik buite hierdie gevaarsone te kry, hetsy deur dit te verhit of bo 75 °C warm te hou of so vinning as moontlik te laat afkoel en dan in die yskas te plaas.
Yskas wenke: Moenie warm kos in die yskas plaas nie, dit maak al die ander kos in die yskas meer vatbaar vir bakteriese bederf.
Bêre rou vleis op die onderste rak van die yskas en gaar kos op die boonste rakke, sodat rou kos nie op gaar kosse kan drup nie.
Kapborde: Moenie dieselfde kapbord en mes gebruik waarop rou hoender gesny is om bv. slaai op fyn te kerf nie. Die slaai kan besmet word met die bakterieë van die rou hoender.
Skrop kapplanke en messe in warm seepwater om ontslae te raak van kieme. Was jou hande gereeld. Meeste kombuise het kleurkodes vir kapplanke, vir rou en gaar kos.
Rou vs gaar: Moenie gebraaide hoender met dieselfde tang waarmee jy dit uit die marinade gehaal het, van die kole verwyder nie. Moet dit ook nie in dieselfde bak plaas as waarin die rou hoender in was nie.
Wenke: Marie Rheeder Troskie

 




KRUMMELPAP VERRASSING

2013-07-01-krummelpapverrassingtested

KRUMMELPAP VERRASSING
4 koppie gaar krummelpap
500 ml bruinbroodkrummels
5 ml sout
250 g botter
2 pakkies spek
500 ml melk
8 eiers, geskei
285 g blik geroomde sampioene
2 pakkies gesnipperde sampioene
500 ml cheddarkaas gerasper
170 g blikkie ingedampte melk

Voorverhitdie oond tot 180°C en smeer oondskottel. Meng pap en krummels, sout, voeg die gesmelte botter by en meng goed. Braai spek bros en krummel dit Voeg by pap. Klits melk en eiergele saam en voeg dit en die sampioene en 350 ml kaas by mengsel. Skep in oondskottel uit en bak vir ongeveer 1 uur. Sprinkel res van kaas oor en gooi ingedampte melk oor. Plaas terug in oond vir 5-10 min. Bedien warm met braaivleis.

Foto en resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis




KRUMMELPAPTERT

2013-07-01-krummelpaptert

KRUMMELPAPTERT
Maak vooraf ‘n redelike groot pot krummelpap en ‘n middelslag pot kaassous.
500 g varkspek, gekap
1 geel soetrissie, gekap
1 rooi soetrissie, gekap
1 groen soetrissie, gekap
2 pakkies sampioene
2 x 410 g roommielies
500 ml vars room
1 blok kaas, gerasper
2 eetlepels botter / margarien
2 teelepels knoffel, opsioneel

Skep die krummelpap in ‘n lekker groot mengbak, voeg die room mielies en room by die pap. Meng goed.
Braai die geel, groen, rooi rissie saam met die varkspek in botter met knoffel.
Voeg die sampioene by en braai tot lekker bruin.
Voeg die gebraaide bestanddele in die mengbak met die pap en meng goed.

Skep dit in ‘n oondpan, gooi die kaassous bo-oor en strooi die gerasperde kaas bo-op die kaassous.
Sit in die oond sodat die kaas kan smelt.
As jy nie alles wil meng nie kan jy die pap in lae met die gebraaide bestanddele in bak gooi.
Geniet dit saam met daai lekker lamstjoppie!!

Resep en foto: Yolanda




LEKKER KERRIE EIERS

2013-07-01-kerrieeiers
LEKKER KERRIE EIERS

Braai 2 middelmatige uie in 2 eetlepels vet/olie tot bruin en geurig.
Skep uit en sit eenkant.

Neem ‘n kastrol, sit daarin:

3 eetlepels koekmeelblom
1 eetlepel botter
1 teelepel borrie
½ teelepel kerrie
knippie sout

Laat dit smelt en meng goed. Roer gedurig. Voeg by 2 koppies water en klits.
Laat dit kookpunt bereik en voeg 2-3 eetlepels suiker en half koppie asyn by.
Voeg gebraaide uie by, en ‘n halwe na 1 koppie gerasperde kaas.
Gooi sous oor eiers en laat staan vir ‘n half uur.




KAAS EN MARMITE TERT


KAAS EN MARMITE TERT
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
125 ml melk
1 ½ eetlepel botter
2 groot eiers
125 ml suiker
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
Sous:
2 hoog vol eetlepels margarien of botter
2 eetlepels Marmite

Verhit die melk en botter.
Klits die eiers en suiker saam.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam,
Vou meelmengsel in eiermengsel en roer melk en botter mengsel by.
Skep in gesmeerde tertbak en bak vir 30 minute tot gaar.
Sous:
Smelt die margarien/botter en Marmite saam in ‘n mikrogolf oond.
Giet die sous bo-oor sodra die tert uit oond kom
Sprinkel fyn gerasperde kaas bo-oor solank tert nog warm is.
Bedien dadelik.
Foto:  Wayne Dugmore




BAR ONE SOUS VIR ROOMYS

bar one sous Hanneli 2tested

BAR ONE SOUS VIR ROOMYS

(4 porsies)

‘N Paar scoops van vanielje roomys bedek met ‘n ryk en dekadente sjokolade sous is ‘n gewilde fees wêreldwyd. En toe die sjokolade sous tuisgemaakte, is dit nog beter. Volg hierdie maklike resep die smaaklikste Bar One sous wat jy al ooit geproe om te skep!

Bestanddele:
4 Bar One sjokolade bars
1 koppie room

Metode:
Bring water tot kookpunt in ‘n groot pot, en sit ‘n bak of ‘n pan bo-op dit.
Breek die sjokolade in klein stukkies, sit hulle in die bak / pan, en sit ‘n deksel op. Die stoom van die kokende water sal die sjokolade stadig smelt.
Voeg die room bietjie vir bietjie by en roer goed.
Koel vir ‘n minuut, gooi die sous oor vanieljeroomys en geniet!

Geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Bron- just easy recipes
Foto:  Hanneli Kruger




BEEFY STEW

2013-07-01-beefystewtested

BEEFY STEW
1 lb ground beef
1 lb fresh slice mushrooms
½ cup green onions
3 garlic cloves
salt, pepper to taste
¼ cup brown gravy mix
½ cup water, add more if you like more

Simmer ground beef until done, strain.
Put back in pan and add mushrooms and green onions, cut to choice.
Mix brown gravy mix in  the water pour over meat and mushrooms.
Simmer until gravy is thick, I like my mushrooms half done, pour over rice.
Recipe and photo: Janet Anderson




CADBURY WHISPERS EN MERINGUE POEDING

2013-07-01-cadburywhispersenmeringuepoeding
CADBURY WHISPERS EN MERINGUE POEDING

1 groot sjokolade rolkoek
1 koppie room
1 houertjie maaskaas
1 blikkie kondensmelk
75 ml suurlemoensap
1 groot pak Cadbury Dairy Milk Whispers (Maltesers)
10 – 15 klein meringues

Metode:
Klits room styf en voeg suurlemoensap by.
Klits goed.
Klits maaskaas en kondensmelk by roommengsel.
Meng goed.
Maak helfte van Cadbury Whispers en meringues fyn en voeg by roommengsel.
Sny sjokoladerolkoek in skyfies en pak 1 laag in glasbak.
Gooi helfte van roommengsel oor.
Pak nog ‘n laag rolkoek en gooi res van roommengsel oor.
Laat stol in yskas.
Versier met res van die Cadbury Whispers en meringues.
Heerlik!!

BRON- Louise Venter




CRUNCHIES

crunchies Jeanettetested

CRUNCHIES

(serves 20-24)
A crunchie is the perfect sweet treat to enjoy with a cup of hot coffee or tea, or with ice-cream for dessert. Follow this easy recipe and make a batch or two of the crispiest oat crunchies on the planet.
180 g margarine
2 cups oats
1 cup coconut
1 cup cake flour
1 cup sugar
1 tablespoon syrup
1 teaspoon bicarbonateMelt butter and syrup together.
Add bicarbonate and stir until it froths.
Mix dry ingredients in.
Flatten the mixture out on a greased baking tray.
Bake at 180ºC for 20-30 minutes.
Cut into blocks.

Photo:  Jeanette Martins




BYKOSSE SAAM MET N BRAAI

2013-06-22-bykossevirnbraai

BYKOSSE SAAM MET N BRAAI

Irma de Jager
Kook so 6-8 aartappels. Skil af. Klits 1 houer room tot redelik styf (nie TE styf nie). Meng met 1 blik Creamy Mushroom sop. Pak nou lae aartappel, Aromat, knoffelvlokkies, sopmengsel en gerasperde Cheddarkaas. Eindig met kaas en bak vir 30-40 minute in oond. Jy gaan jou vingers afeet!!!! Aartappels moet in skywe gesny word.

Jenel Ralph van Wyk
Baby patatoes- met botter en bruin uie sop of sundries tamato slaai sous en ‘n gekapte ui! Dis my lui braaivleis geregte.

Tillie Minnaar Oosthuizen
Maak bolletjies met gekoopte deeg. Pak in oondgesmeerde bak, gooi room bo-oor en dan kaas. Bak in oond vir 1 uur. Moeitevry en lekker bykos. Jy kan pitmiekies of enige iets in deeg inbrei voor jy bolletjies maak.

Trudie Kleynhans
Ek’t die Chakalaka Butternut gemaak vanaand! Baie lekker.

Marieta Matthews
Oongeroosterde groente met couscous. Warm of as slaai.

Barbara Kaplan
By n vriendin Elize Moll gekry. Baie lekker. 1 kg gevriesde mix veg (klein blokkies). Stirfry met margarien en lekker baie aromat. Plaas in ‘n oondbak. bak. Meng 1 koppie room en pakkie patato bake en giet bo oor. Sprinkel gerasperde kaas oor en bak so 30 min by 180ºC. Heerlik.

Marieta van Bladeren
Heel broek en baadjie aartappels in die oond. Bak so 1 1/2 uur by 180ºC. Bedien met suurroom

Rhode Gillespie de Beer
My dogter en haar man het een aand hier gebraai en sy was lus vir knoffelbrood en ek vir braaibroodjies, hierdie brood het daai aand ontstaan: neem ‘n Franse brood en sny hom bo oop, smeer met knoffelbotter, rasper gelyke hoeveelhede Mozarella en cheddar. Strooi bietjie onderin, sny tamaties baie dun skywe asook n ui, strooi tamaties oor kaas gevolg met uie, geur met sout en peper en veggie spice. Strooi kaas bo-oor en maak liggies toe met foelie. Bak by 200 ºC vir 20 min en maak oop. bBak vir verdere 10 min. Sny in dik skywe, vir afwisselling gebruik ek soms ‘n ciabata broodjie. Sny in vingers, heerlik!

Elize Kotz
1 blikkie room mielies met 1 koppie gerasperde kaas, 3 eiers
Meng alles saam, bak in oond tot eiers gestol is dis heerlik saam met vraaivleis bedien so 4 mense.

Libby Dreyer Kem
Soet patats in foelie onder kole. Saam met knoffelbotter, uie en sampioene.

Lindie du Plessis
Warm heel klein aartappel slaai: kook klein aartappels in skil. Braai spek en uie voeg by. Giet die mayonaise sous met mosterdpoeier , knoffel of kondensmelk gemeng ( sous volgens jou gesin se smaak). Growwe sout bo oor en gerasperde chedder of parmazane.

Jaco Redelinghuys –  Het eenmaal sommer so ‘n moer by gereg gemaak.
Skil klein aartappeltjies, kook n ent en bak in olie.
Braai nou uie in ‘n pan, voeg sampioene by en braai tot gaar.
Neem ‘n houertjie room en voeg by uie. kook goed deur tot verdik.
Pak nou die aartappels in hierdie room mengsel. Rasper kaas bo-oor en druk in oond tot kaas gesmelt is.

Michelle Joubert –  Mielietert/gereg…. altyd n wenner met braaivleis

Cornel du Plessis –  Vat “n blik heel pit mielies, ‘n handvol klein baba tamaties en ‘n lekker ryp avokado en meng saam. Maak ‘n slaaisous met Ina Paarlman se Lemon and coriander salad dressing. Meng net ‘n paar teelepel heuning saam met dit ! Heerlik verby en baie maklik om te maak

Arlene Inman – Warm aartappel gebak met varsroom, sampioene en spek gaan baie lekker met braaivleis

Kiti De Jager –  Rol of druk vetkoekdeeg plat, gooi knoffel en roosmaryn oor en dan gerasperde kaas. Rol op soos swiss roll, sny in skywe en sit op bakplaat (of sommer muffin pan) rys 20 minute en bak vir 25 minute. Het dit vanaand gedoen met oorbly pizza deeg, HEERLIK.

Erika Rabie – Maak groente pakkies met foelie of bak groente in die oond, butternut, uie, greenpepers, babymarrows knoffel net wat jy wil by sit, bietjie olie, spice waarvan julle hou maak toe met folie en bak tot gaar.

Dina Harding – Vat ‘n sny brood rol plat met koekroller. Smeer marg, pesto/sweet chillie sous en snykie kaas. Rol op soos swiss roll. Draai stuk spek om en steek met tandestokkies vas. Braai op die vuur. Heerlik. Jy kan sny soos swiss roll stukke. Enige iets met kaas binne. Enige soort brood. Of sny eiervrug langwerpige gooi sout laat staan. Spoel af en kook in mikrogolf tot redelik gaar maar nie pap. Gebruik soos sny brood en draai toe in die spek. Dit braai net nie so bros soos die broodtjie weens die vog. Heerlik.

Marieta James –  Vat pizza deeg. Rol in klein balletjies. Pak in kaserole bak. Gooi bruinsuiker oor en dan n bakkie room. Laat effe rys en bak in oond vir omtrent 30 minute. Die suiker en room maak n karamel sous. Heerlik by braaivleis

Anzel Viljoen – Pap balle. Maak jou pap en sous soos gewoonlik. meng saam en laat afkoel. Rol dan lepelsvol in balle plaas in oondbak. rasper kaas bo oor en sit in oond tot kaas gesmelt bo oor. elkeen het dan sy eie pap en sous in bolletjie vorm. kan dit ook in krummels rol en diepbraai.