1 blikkie kondensmelk
3/4 koppie suurlemoensap
1,5 liter vla (lekker dik aangemaak met genoeg suiker om dit soet te maak)
1 pakkie tennisbeskuitjies
Meng die kondensmelk met die suurlemoensap. Pak ‘n ry tennisbeskuitjies onder in ‘n vierkantige glas/platiek bak. Giet helfde van die vla oor en laat ‘n rukkie afkoel, giet nou weer die helfde van die kondensmelk mengsel oor, en smeer eweredig oor vla. Pak weer ‘n ry tennisbeskuitjies en giet die res van die vla daaroor, laat weer bietjie afkoel. Gooi nou die res van die kondensmelk mengsel oor die vla eweredig gesmeer en krummel ‘n paar fyngemaakte beskuitjies bo-oor. Plaas in yskas en laat stol
ek maak sommer dubbeld aan.
BRON- RIANA DU PLESSIS








