
IDEES VIR DIE VRIES VAN KOEK
Marina van Aswegen – Ek is op soek na koek wat gevries kan word reeds gesny in porsies of skywe, dit kan agterna versier word! Een Groot koek is net teveel op ‘n slag en gaan dan verlore. Kan iemand help, asb?
Yvonne Burger – Ek bak my wit of sjokolade koek, versier dit en vries dit in n digte bak. Haal uit oggend as jy dit wil eet, smaak of dit net gebak is. Dit vries wonderlik! My man eet nie koek wat versier is, so ek vries vir my en dit is heerlik!
Benhet Nieuwenhuis – Koeke vries heerlik! ek bak my koek en versier en sny klaar en pak dan in vrieskas! ons is ook net 2 in die huis so dit is makliker so en dan is daar altyd vars koek!! jy sal sien die koek vries nie regtig nie dit is binne oomblikke reg vandat jy dit uit gehaal het. Continue reading












