SPAANSE HOENDER PAELLA
1 hoender, gekook en ontbeen
4 groot tamaties
1 pak sampioenroomsop
250 g skulpie noedels
2 groot uie
250 g spek
500 ml hoenderaftreksel (2 koppies)
10 ml borrie
1 blik ertjies (385g)
Braai gekerfde uie. Voeg dan gesnyde spek by.
Voeg ook tamaties by wat in blokkies gesny is by en laat stowe. Voeg hoender by.
Meng hoenderaftreksel met sop en geur met borrie. Voeg by vleismengsel.
Kook noedels sag in soutwater en voeg saam met ertjies by vleis.
Laat prut vir 10 minute.
Kan die pasta met rys vervang. Bedien met groen slaai. Vries fantasties.
Resep geplaas: Rina Kleinhans
Foto: Shaunay Strydom








