PETRE SE MINCE PIES
Gebruik gekoopte puff pastry – maak 6 uit een rol
1 kg maalvleis
1/4 koppie worcestersous (Lazenby)
1 koppie water
Voeg 1/2 teelepel kerrie, 1/2 teelepel borrie by en laat deur kook.
Meng 1/2 pakkie oxtail soppoeier, 1/2 pakkie bruin uie soppoeier en2 opgehoopte desert lepels koekmeel met water tot ‘n stywe pasta.
Voeg by maalvleis en kook 5 minute tot dik.
Voeg blikkie kerrie groente by .
Ek gebruik die foelie bakkies vir pasteitjies wat jy by n verpakkings instansie te koop kry
Gewoonlik maak ek my eie puff pastry, maar het deesdae ook maar lui geraak, ek koop die rolletjies Rol oop en deel die deeg in 12 ewe groot blokke. 1 rolletjie deeg maak 6 pasteitjies
Druk of rol 6 van die blokkies uit om in die bakkie en tot oor die rand te pas, skep die vulsel so om en by 3/4 in, smeer eier op die rand, druk of rol van die ander vierkante uit tot net die grote van die bakkie
Neem dan die agterkant van ‘n mes en krap die rand gelyk met die bakkie, ek het dan ‘n wieletjie met ‘n riffel rand wat ek dan in die ronte oor stoot, smeer eier bo-oor en bak by 180ºC tot gaar en mooi kleur
FOTO EN RESEP: Petré Van Jaarsveld








