KOPERPENNIE WORTELSLAAI MET TAMATIEPUREE
1 kg wortels, geskil, gekook tot sag maar nog ferm, laat afkoel en sny in ringe.
1 groen soetrissie in repies gesny.
1 groot ui in skywe gesny
1 blik (410g) tamatiepuree
1 koppies asyn
1 koppies suiker
3 eetlepels kookolie
3 eetlepels worcestersous
1 teelepel sout
Vars gemaalde swartpeper na smaak.
Meng al die bestanddele, behalwe die wortels en bring tot kookpunt. Prut so 3 min. Verwyder van hitte en voeg wortels by en meng goed deur terwyl warm. Bottel in gesteriliseerde flesse.
Foto en resep: Jacques Marianne Van Niekerk








