Kook vleismengsel vir 1 uur, haal lourierblare uit. Pak dan in lagies in bakke, eers bietjie sous, dan pasta en dan vleis. Heelbo weer sous en sprinkel gerasperde kaas oor. Bak in oond tot kaas gesmelt is. Die sous kan dubbeld gemaak word vir meer souserige lasagne.
Foto en resep geplaas deur Marietjie van der Merwe