

FANIE SE JOGURT SLAAISOUS
Heerlike saam met beet en butternut slaai.
Die resep vir die sous loop só:
250 ml dubbeldik plein jogurt
25 ml asyn
1.5 teelepels mosterd
knippie gedroogte soet basieliekruid (sweet basil)
2 oondgebakte knoffelhuisies uitgepers
25 ml sjerrie
Sout na smaak
Meng alles baie goed en bêre in yskas en gebruik soos nodig.
Resep Fanie Smit
Rina ek het een aand ‘n slaai gemaak met beet, gesnyde appel en gesnyde aarbeie. Die smaak kombinasie is om oor huis toe te skryf.






