SMAAKLIKE LASAGNE

smaaklike lasagne 2tested
SMAAKLIKE LASAGNE
Hierdie resep is genoeg vir drie bakke en vries uitstekend.
Stap 1:
25 ml kookolie
500 ml gekapte ui
750 ml gerasperde wortels
1 kg maalvleis
250 ml hoenderaftreksel
1 blik (410 g) tamatiepuree (ek gebruik sommer tamatiesous)
1 pakkie oxtail soppoeier
250 ml kookwater
5 ml knoffelflokkies
5 ml orego
5 ml gemengde kruie
5 ml paprika
10 ml sout
6 lourierblare,
5 ml tabasco sous (opsioneel)
Verhit kookolie in kastrol en braaie uit en vleis tot bruin, voeg res van bestanddele by.
Stap 2: 500 g pasta enige tipe, kook tot sag maar nie pap nie.
Stap 3: Sous: Kook saam tot gaar.
50 ml margarien
75 ml koekmeel
1 pakkie sampioensop poeier
750 ml melk
1 ml rooipeper
sout

Kook vleismengsel vir 1 uur, haal lourierblare uit. Pak dan in lagies in bakke, eers bietjie sous, dan pasta en dan vleis. Heelbo weer sous en sprinkel gerasperde kaas oor. Bak in oond tot kaas gesmelt is. Die sous kan dubbeld gemaak word vir meer souserige lasagne.

Foto en resep geplaas deur Marietjie van der Merwe