PETRE SE MAKLIKE LASAGNE
16 porsies
3 kg maer bees maalvleis
3 uie gekap
1/4 teelepel fyn naeltjies
Grofgemaalde swartpeper
Sout
1 eetlepel droe origanum
1 teelepel droe basieliekruid
3 eetlepels worcestersous
Suiker om die suurigheid te breek
3 sakkies tamatiepasta (gebruik maar die effens duurder een .. Die ander soort se kleur verslaan)
1/4 bottel rooiwyn
2 pakke lasagne velle
1 1/2 liter dik witsous, en 1 liter loperige witsous
Braai uie, swartpeper, en origanum saam tot uie deurskynend is.
Voeg maalvleis, naeltjies, sout en worcestersous by, en braai tot bruin.
Voeg tamatiepasta en 1/4 bottel rooiwyn by. Roer goed deur. Laat kook vir 10 – 15 minute.
Gooi 1 1/2 liter dit witsous by en meng goed.
Kook ‘n pot water met sout in. Spuit oondpan
Gooi helfte van loperige witsous onder in die pan
Dompel lasagne velle een een in die kokende water en pak ‘n laag bo-op die witsous in die oondpan Skep vulsel bo-op lasagne velle. Pak weer ‘n laag lasagne velle, en gooi dan die res van die witsous bo-oor.
Rasper kaas oor en strooi origanum en gekapte pietersielie oor
Bak @ 180ºC vir 40 tot 45 minute, of tot die lasagne velle bo-op sag is
BRON – Petré Van Jaarsveld