1

IDEES VIR DIE VRIES VAN KOEK

 

IDEES VIR GEVRIESDE KOEK

IDEES VIR DIE VRIES VAN KOEK
Marina van Aswegen – Ek is op soek na koek wat gevries kan word reeds gesny in porsies of skywe, dit kan agterna versier word! Een Groot koek is net teveel op ‘n slag en gaan dan verlore. Kan iemand help, asb?

Yvonne Burger – Ek bak my wit of sjokolade koek, versier dit en vries dit in n digte bak. Haal uit oggend as jy dit wil eet, smaak of dit net gebak is. Dit vries wonderlik! My man eet nie koek wat versier is, so ek vries vir my en dit is heerlik!

Benhet Nieuwenhuis – Koeke vries heerlik! ek bak my koek en versier en sny klaar en pak dan in vrieskas! ons is ook net 2 in die huis so dit is makliker so en dan is daar altyd vars koek!! jy sal sien die koek vries nie regtig nie dit is binne oomblikke reg vandat jy dit uit gehaal het.

Stephane Fourie – Of bak jou beslag in cupcakes en versier en vries..haal uit en geniet..of vries sonder icing en ontdooi en versier en bedien…

Annelie Engelbrecht  – vanilla cupcakes en wortelkoek al met sukses gevries en ontdooi vir gebruik
FOTO GELEEN




VINNIGE HOENDERPASTEI VIR DIE VRIESKAS

 

VINNIGE HOENDERPASTEI VIR DIE VRIESKAStested

VINNING HOENDERPASTEI VIR DIE VRIESKAS

1.5 kg hoenderborsies, ontvel en ontbeen
1 teelepel sout
½ teelepel fyn naeltjies
1 ½ koppies water
Stoom hoender, sout, naeltjies en water vir 15 minute. Haal hoender uit pot en laat afkoel.

Voeg by die sous in die pot:
¼ koppie sago
¼ teelepel rooipeper
2 eetlepels asyn

Indien te min sous, voeg bietjie water by. Kook sous totdat sago deurskynend is. Pluis hoender en voeg by sous. Meng goed.
Maak 1 pakkie hoenderroom soppoeier aan met ‘n bietjie water, meng met hoender en kook goed deur. Voer ‘n oondpan uit met puff-pastry. Skep hoendermengsel in pan en sit ‘n laag puff-pastry bo-op.
Versier en smeer eier en melk mengsel bo-oor en bak teen 180°C tot goudbruin of vries dit ongebak.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld




MARIETJIE SE MIELIEPAP TERTJIES

marietjie se mieliepap tertjiestested

MARIETJIE SE MIELIEPAP TERTJIES

Maak pap met 4 koppies water, 1 teelepel sout en 4 koppies meel.
Laat water eers kook en roer meel by. Roer aanhoudend tot pap kook. Stel plaat laer en laat stadig gaar kook. Ek proe maar wanneer dit gaar is. Spuit muffinpanne van jou keuse met kleef vrye sproei. Skep lepels vol gaar pap in die panne en druk dit soos n tert doppie. Pasop vir te dun. Laat afkoel sommer op bak met ys. Haal doppies uit panne en plaas in oond vaste bak.
Maak nou vulsel van die volgende:
1 blikkie bully beef
1 blikkie cream style sweetcorn
1 blikkie tamatie en uie
gooi sout, peper en mixed herbs, by
Ek gooi sommer bietjie peri-peri sous en braai sous ook by.
Verdik met bietjie maizina as te loperig. Skep lepels vol in jou pap bakkies, strooi gerasperde kaas oor en sit in oond tot kaas smelt. As jy dit wil vries, los net die kaas uit. Vries baie goed.
Dis sommer my eie konkoksie wat ek saamgooi.

FOTO EN RESEP: Marietjie van der Merwe




PETRE SE MAKLIKE LASAGNE

tested

PETRE SE MAKLIKE LASAGNE
16 porsies
3 kg maer bees maalvleis
3 uie gekap
1/4 teelepel fyn naeltjies
Grofgemaalde swartpeper
Sout
1 eetlepel droe origanum
1 teelepel droe basieliekruid
3 eetlepels worcestersous
Suiker om die suurigheid te breek 
3 sakkies tamatiepasta (gebruik maar die effens duurder een .. Die ander soort se kleur verslaan)
1/4 bottel rooiwyn
2 pakke lasagne velle
1 1/2 liter dik witsous, en 1 liter loperige witsous

Braai uie, swartpeper, en origanum saam tot uie deurskynend is.
Voeg maalvleis, naeltjies, sout en worcestersous by, en braai tot bruin.
Voeg tamatiepasta en 1/4 bottel rooiwyn by. Roer goed deur. Laat kook vir 10 – 15 minute.
Gooi 1 1/2 liter dit witsous by en meng goed.
Kook ‘n pot water met sout in. Spuit oondpan
Gooi helfte van loperige witsous onder in die pan
Dompel lasagne velle een een in die kokende water en pak ‘n laag bo-op die witsous in die oondpan Skep vulsel bo-op lasagne velle. Pak weer ‘n laag lasagne velle, en gooi dan die res van die witsous bo-oor.
Rasper kaas oor en strooi origanum en gekapte pietersielie oor
Bak @ 180ºC vir 40 tot 45 minute, of tot die lasagne velle bo-op sag is
BRON – Petré Van Jaarsveld




PETRE SE VARIASIE MUFFINS

petre se muffinstested

PETRE SE VARIASIE MUFFINS

Ek maak gewoonlik n klomp muesli muffins wat ek wrap en dan vries … wanneer ek onverwagste gaste kry of vinnig iets soets aanmekaar moet slaan, dan neem ek van die muffins … maak n sjokolade brandewynsous of n lemoensous … doop die muffins daarin en versier met roomkaas versiersel … met die sjokolade brandewynsous proe dit net soos brandewyntertjies, en met die lemoensous soos wortelkoek ..

Muesli Muffins:-
5 koppies meel …
4 teelepels koeksoda…
2 teelepels sout…
4 eiers…
1 liter karringmelk…
Muesli (halwe pak) (ek gebruik die een met die clusters in) …
1/2 koppie kookolie…
3 koppies suiker.
Meng alles saam. Skep in muffinpannetjies en bak 15 tot 20 minute @ 160 grade Celcius.
Maak 48 tot 50 muffins.

Sjokoladesous:
2 eetlepels botter,
2 eetlepels kakao,
melk of room,
60ml brandewyn …
1 teelepel vanieljegeursel,
1 opgehoopte teelepel vlapoeier,
1/4 koppie suiker,
knippie sout ….
smelt botter .. roer kakao by (soos vir n witsous). meng die vlapoeier met melk … giet melk by die kakao mengsel, voeg sout en vla mengsel by. roer aanhoudend tot verdik … gooi nog melk by indien te dik … voeg die suiker by … kook tot gaar, … gooi vanieljegeursel en 60 ml brandewyn by .. roer goed ..
….. ek gooi maar melk by soos ek goeddink … dit is soos witsous maak … die stroop moet nie te dik wees nie, anders gaan dit nie behoorlik in die muffins intrek nie ..

Lemoenstroop:-
1 Liter Lemoensap (vars of gebottel) …
11/2 koppies suiker …
3 heel Naeltjies ..
2 stukke kaneel ..
Kook tot dit n dun stroop vorm .. (kan ook n bietjie brandewyn bygooi).

FOTO EN RESEP: Petré Van Jaarsveld




SPAANSE HOENDER PAELLA

hoender paella shaunaytested

SPAANSE HOENDER PAELLA
1 hoender,gekook en ontbeen.
4 groot tamaties.
1 pak sampioenroomsop.
250g skulpie noedels.
2 groot uie.
250g spek.
500ml hoenderaftreksel(2koppies).
10ml borrie.
1 blik ertjies(385g). .
Metode.
Braai gekerfde uie. Voeg dan gesnyde spek by. Voeg ook tamaties by wat in blokkies gesny is by en laat stowe. Voeg hoender by. Meng hoenderaftreksel met sop en geur met borrie. Voeg by vleismengsel. Kook noedels sag in soutwater en voeg saam met ertjies by vleis. Laat prut vir 10 minute.  Kan ook die paste met rys vervang
Bedien met groen slaai.
Vries fantasties.

FOTO:  Shaunay Strydom
RESEP geplaas deur :  Rina Kleinhans




KRY DIE BESTE RESULTATE WANNEER JY ETES VRIES

2015-08-21-krydiebesteresultatewanneerjyetesvries
KRY DIE BESTE RESULTATE WANNEER JY ETES VRIES

Wanneer sekere bestanddele, bv seisonale groente en vrugte geredelik beskikbaar en goedkoper is, kan ’n mens daardie voordeel ook benut. So kan jy bv tamaties aankoop wanneer dit goedkoop is en vries om later in sop of bredies en souse te gebruik. Dis ook ’n uitstekende manier om bestanddele soos meel, neute en sade te bêre.
Goeie praktyke wanneer kos gevries word, lei tot minder vermorsing en dat die kos steeds in ’n aptytlike manier geniet kan word. Kos moet ook verkieslik nie ontdooi en weer gevries word nie.
Daar is egter ’n paar dinge wat ’n mens in ag moet neem, om die beste resultate te verkry.
– maak meeste groente eers liggies gaar, bv deur dit te blansjeer en vries dit dan. Iets soos mieliepitte, van die stronk gesny, kan rou gevries word, maar boontjies moet lief eers geblansjeer word. Anders verloor groente hul vog, tekstuur en geur.
– maak seker dat alles deeglik verpak is, met so min as moontlik lug/suurstof rondom die kos. Lug rondom kos, veroorsaak groot yskristalle in die vrieskas, wat vriesbrand (vries-skade) aan die kos veroorsaak.
– trek alle lug uit ’n sakkie dmv ’n strooitjie en verbind dan stewig met ’n binddraadjie of toutjie. Rekkies en taai-papier is nie geskik nie.
– kos moet heeltemal afgekoel wees voor dit in die yskas of vrieskas gebêre word.
– gebruik houers en vriessakkies geskik om te vries, bv roomysbakke of vriessakkies.
– verpak vleisporsies individueel in botterpapier en dan in lae in ’n vriessakkie. Dit neem minder ruimte in die vrieskas in beslag.
– verpak vleis en ander kos in die porsie-groottes waarin dit gebruik gaan word, bv 6 tjops in ’n pakkie of 1-2 liter sop in ’n houer.
– vries vloeistof in geskikte houers, bv leë feta-houers en plaas dan in vriessakkies wanneer hard gevries – dit neem minder plek in die vrieskas.
– onthou dat vloeistof uitsit wanneer dit gevries word, so laat genoeg ruimte in ’n houer.
– merk alles deeglik met die inhoud, datum, gewig of hoeveelheid. Maskeerband op ’n sakkie of houer werk goed en skryf met ’n koukie of pen daarop.
– meeste kos vries goed vir 3-6 maande
– ontdooi kos oornag in die yskas, nie in ’n mikrogolfoond nie, want dit begin dikwels aan die kant gaar word, wat die kos kan uitdroog.

Vriesbrand: dit vind plaas, wanneer kos, veral vleis en groente, swak gevries word. Vog en lug wat rondom die kos vries, vorm groot yskristalle, wat die wit kolle op die oppervlak van die kos vorm en dit uitdroog. Hierdie dele is smakeloos en nie eetbaar wanneer die kos weer ontdooi nie.

Kos wat uitstekend vries:
– gaar sop en bredies, sonder aartappels
– goedverpakte hoender, vleis en vis
– lensies en boontjies in kook-vloeistof gevries, kan in bredies en sop gebruik word
– gerasperde kaas
– geskilde, gekapte tamaties
– vrugtepurees
– eierwitte
– brood, muffins, onversierde koek en ongebakte pasteie en pizzas
– meel, semels, neute, sade
– vars gemmer
– klappermelk

Kos wat nie suksesvol vries nie:
– aartappels
– blokke kaas
– rou slaaibestandele
– eiergele
– witsouse, eiersouse en jogurt – dit skif maklik wanneer dit ontdooi

Yskas – maak als goed toe, sodat nie uitdroog of ander reuke optel of veroorsaak

 




HOW TO FREEZE CREAM

2015-04-22-cream

HOW TO FREEZE CREAM
Yes, you can freeze cream just fine. Many bakers will sometimes find themselves with an extra cup or so, especially if you buy it by the liter or quart. So you can freeze it just by sticking the carton right in the freezer. The liquid inside may expand a bit, so if the containers are absolutely full, you may want to pour a little out first. But most containers I’ve run across have a bit of breathing room in them and I just pop them in there, just like that.
To use the cream, take it out and leave it in the refrigerator one or two days before you need it. Larger packages, like a liter or quart, will take longer to defrost than a cup of cream.
Before using it, give it a really good shake as the butterfat can settle to the bottom of the container and it may need to be re-emulsified. Then you’re good to go. You can use it for any baking application. And it can be whipped as well; it may appear a bit grainy at first, but sweetening it with smooth it out. But do make sure you’ve incorporated the butterfat completely, as watered down cream won’t whip.




SMAAKLIKE LASAGNE

 

smaaklike lasagne 2tested

Hierdie resep is genoeg vir drie bakke en vries uitstekend.
Stap 1:
25ml kookolie,
500 ml gekapte ui,
750 ml gerasperde wortels,
1 kg maalvleis,
250 ml hoenderaftreksel,
1 blik (410g) tamatiepuree (ek gebruik sommer tamatiesous),
1 pakkie oxtail soppoeier,
250ml kookwater,
5ml knoffelflokkies,
5 ml orego,
5 ml gemengde kruie,
5ml paprika,
10 ml sout,
6 lourierblare,
5 ml tabasco sous (opsioneel).
Verhit kookolie in kastrol en braaie uit en vleis tot bruin, voeg res van bestanddele by.
Stap 2: 500 g pasta enige tipe, kook tot sag maar nie pap nie.
Stap 3: Sous: 50ml margarien, 75ml koekmeel, 1 pakkie sampioensop poeier, 750 ml melk, 1ml rooipeper, sout. Kook saam tot gaar.
kook vleismengsel vir 1 uur, haal lourierblare uit. Pak dan in lagies in bakke, eers bietjie sous, dan pasta en dan vleis. heelbo weer sous en gooi gerasperde kaas oor. Bak in oond tot kaas gesmelt is. Die sous kan dubbeld gemaak word vir meer souserige lasagne.

Foto en resep geplaas deur Marietjie van der Merwe




How to Freeze Fresh Pasta Dough

 

make your own pasta

You can make a large batch of pasta dough at once and save it for future meals, sparing you the trouble of actually making the dough each time you want homemade pasta. You can freeze pasta dough for up to three months, so don’t hesitate to make as much dough as you can use within that time. Cut of the pasta dough in smaller balls, cover with flour and freeze

Things You’ll Need
Flour
Resealable plastic freezer bags
Instructions
1Divide the pasta dough into portions that you can use in a single meal. This saves you from needing to thaw several meals’ worth of dough when you only want to make one meal, leaving you with lots of thawed dough and no way to use it.2Roll each of these portions of dough into a ball and then coat each ball generously with the same kind of flour that you used to make the dough. Place each ball into its own resealable plastic freezer bag and then seal all of the bags.Place the bags into the freezer. You can keep the dough frozen for up to three months without a significant decline in quality.4Remove a bag of dough from the freezer the night before you wish to use it. Place it into the refrigerator to allow it to thaw overnight. Then use as desired.
Amanda Conradie