

DOODEET-LEKKER KOEKIES
1 kg botter (of goeie kwaliteit bak-margarien)
1 kg koekmeel
500 g versiersuiker
Voorverhit die oond tot 180°C.
Room botter en versiersuiker tot baie lig met elektriese klitser of voedselverwerker, dit moet amper soos styfgeklitste room lyk. Roer die meel by. Rol uit (die deeg het ‘n lekker tekstuur, soos klei, kinders kan maklik daarmee werk). Druk vormpies van eie keuse uit. Bak vir 10-15 minute.
Dit maak vreeslik baie koekies!
Resep: Marlise Booyens











