

MARIE SE VLATERT
750 ml melk
125 ml vlapoeier
1 pak tennisbeskuitjies
1 blik kondensmelk
45 ml suurlemoensap
Maak vla van die melk en vlapoeier. Laat effens afkoel. Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam. Pak ‘n laag tennisbeskuitjies in ‘n reghoekige bak. Gooi die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk. Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en gooi die louwarm vla daaroor. Rasper van die beskuitjies bo-oor en versier soos verkies. Laat goed afkoel.
Resep: Marie Rheeder Troskie
Foto: Charne de Jager






