BEREMENGSEL VIR WITSOUS
200 g (550 ml) poeiermelk
140 g (250 ml) koekmeel
250 g verkilde margarien
Sif meel en poeiermelk 3 x saam.
Rasper margarien en frummel in meelmengsel (tot dit lyk soos fyn korreltjies).Bêre in lugdigte houer en yskas.
Lewer 600 g (1,6 liter)
| Formule: | |
| Dun Witsous = | 40 g (100 ml) bêremengsel |
| Medium Witsous = | 60 g (150 ml) bêremengsel |
| Dik Witsous = | 80 g (200 ml) bêremengsel |
Meng met:
2 ml sout
knypie peper
200 ml koue water
pietersielie/kaas indien verkies
Kook tot dik.
Resep: Lorraine Weitz Brand
MY MAGIC WITSOUS BÊREMENGSEL
2 koppies melkpoeier (NIE CREMORA NIE)
1 koppie koekmeel
250 g botter
Sif melkpoeier en koekmeel saam,
Rasper botter in en vryf met vingers tot dit lyk soos mieliemeel.
Gooi in ‘n houer en hou in jou yskas.
Dit hou ‘n leeftyd – al wat jy doen, is: jy skep 4 eetlepels van die mengsel en gooi ¾ koppie kookwater by en roer tot dik.
Hier kan jy speel met meer water vir dunner sous of meer mengsel vir dikker sous en nou kan jy gerasperde kaas inroer.
Nota:
Ek koop altyd SPAR se volroom poeiermelk – Hou dit verkieslik in vrieskas.
Foto en resep: Roni Van Der Walt








