BÊREMENGSEL VIR PASTEIKORS, SKONS EN SOUSKLUITJIES
2,2 kg koekmeel
4 eetlepels (60 ml) bakpoeier
3 teelepels sout
500 g margarien / botter / kookvet
Sif die droë bestanddele saam. Vryf die smeer by die droë bestanddele in.
Bêre die mengsel in ‘n glasfles in die yskas en gebruik soos nodig.
Pasteikors:
Maak 1 koppie bêremengsel aan met koue water. 1 eetlepel water op ‘n slag. Druk totdat die deeg net net gevorm het en laat rus vir 30 minute. Rol die deeg dun uit en gebruik soos benodig. Continue reading