BÊREMENGSEL VIR PASTEIKORS, SKONS EN SOUSKLUITJIES


BÊREMENGSEL VIR PASTEIKORS, SKONS EN SOUSKLUITJIES
2,2 kg koekmeel
4  eetlepels (60 ml) bakpoeier
3 teelepels sout
500 g margarien / botter / kookvet

Sif die droë bestanddele saam. Vryf die smeer by die droë bestanddele in.
Bêre die mengsel in ‘n glasfles in die yskas en gebruik soos nodig.
Pasteikors:
Maak 1 koppie bêremengsel aan met koue water. 1 eetlepel water op ‘n slag. Druk totdat die deeg net net gevorm het en laat rus vir 30 minute. Rol die deeg dun uit en gebruik soos benodig.
Skons / botterbroodjies:
1 ½ koppie bêremengsel
½ koppie koekmeel
1 eier
¼ koppie melk
Klits die melk en eier saam en voeg dit by die droë bestanddele.
Meng totdat ‘n sagte deeg vorm.
Druk die deeg plat op ‘n liggies meelbestrooide oppervlak, sowat 2 cm dik.
Druk sirkeltjies uit met ‘n drukkertjie.
Plaas die sirkels op ‘n gesmeerde bakplaat en bak in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir 10 – 15 minute tot goudbruin en gaar.

Souskluitjies:
4 groot eetlepels bêremengsel
1 groot eetlepel koekmeel
1 eetlepel suiker
1 eier
bietjie melk
Vloeistof:
water
knypie sout
botter
Sous:
1 ½ koppie water
½ koppie kaneelsuiker
Maizena om te bind
Voeg die bestanddele vir die souskluitjies saam in ‘n mengbak en meng tot ‘n sagte deeg vorm.
Voeg 1 ½ cm water in braaipan en bring tot kookpunt (of in pot met deksel wat dig seël).
Voeg die sout en ’n paar klontjies botter by die water.
Laat botter net smelt, skep lepelsvol van die deeg in die water in die pan, plaas die deksel op en kook / stoom vir sowat 10 – 15 minute.
Skep die kluitjies uit in ‘n opdienbak waarin ‘n dik lagie kaneelsuiker gestrooi is en strooi nog kaneelsuiker bo-oor die kluitjies. Stip met klontjies botter.
Berei in dieselfde pan die sous.
Voeg die water en kaneelsuiker in die pan en bring tot kookpunt. Maak ‘n bietjie Maizena aan met klein bietjie water tot ‘n pasta en voeg dit by die suikerwater.
Roer totdat die sous die verlangde dikte bereik het.
Hou die sous eenkant warm tot bedieningstyd, giet die sous oor die kluitjies in die bak.
Notas vir die bêremengsel:
Botter en vloeistowwe moet yskoud wees.
Sif die meel.
Voeg in ‘n lugdigte houer en bêre in yskas.
Resep: Santie Carelse




BASIESE BAKKERSMENGSEL


BASIESE BAKKERSMENGSEL
1 kg koekmeel
10 ml sout
20 ml bakpoeier
375 g bakkers margarien of botter, koud grof gerasper
Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en verwerk tot fyn soos broodkrummels.
Stoor in lugdigte houers in die yskas vir 3 maande. Gebruik soos nodig.
Kaasskons:
1 ½ koppie bakkersmengsel
2 teelepels bakpoeier
70 g (½ koppie) koekmeel
30 ml (2 eetlepels) wit- of bruinsuiker
1 koppie Cheddarkaas, gerasper
1 medium eier, geklits
125 ml (½ koppie) volroommelk
Voorverhit die oond tot 190ºC en smeer ‘n bakplaat.
Meng die droë bestanddele en die kaas saam in ‘n mengbak. Maak ‘n holte in die meelmengsel en voeg die eier en melk by.
Gebruik twee tafelmesse en sny die melk en eier liggies in die meelmengsel in. Moenie die deeg oorbewerk nie, indien daar nog wit meel dele sigbaar is, is dit nie ‘n probleem.
Keer die deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlakte en druk dit liggies plat tot ongeveer 3 cm hoog.
Druk skonvorms uit met ‘n koekie drukker of maak een groot skon. Plaas die deeg op die gesmeerde bakplaat en druk die res van die deeg, indien daar oor is, weer liggies aanmekaar en verwerk.
Bak in die voorverhitte oond vir 20 – 25 minute. Bedien die skons louwarm.
Porsies: 6 – 12 skons afhangende van grootte. Een groot skonwiel kan ook mooi lyk, asook deeg in kolwyntjie panne gebak. Geniet en speel lekker.

Broskorsdeeg:
2 koppies bakkersmengsel
1 groot eiergeel
4 eetlepels kouewater
Plaas bestanddele in ‘n voedselverwerker en draai die lem totdat die mengsel ‘n bol vorm. Haal uit en druk die deeg plat. Plaas dit in ‘n sakkie en verkoel die deeg vir 20 minute voordat dit uitgerol word.
Gebruik die deeg in alle pasteiresepte soos voorgeskryf.
Wenk:
Die deeg kan rou gevries word vir maksimum 4 maande.
Porsies: Genoeg vir 12 handpasteie van palmgrootte of een groot pastei vir ‘n pasteibak.

Plaatkoekies:
2 koppies bakkersmengsel
1 teelepel bakpoeier
1 ml koeksoda
30 ml (2 eetlepels) witsuiker
200 ml melk
1 ekstra groot of groot eier
Klits die bestanddele saam in ‘n mengbak en laat die deeg vir 20 min rus om te verdik.
Bak lepelsvol deeg op mediumwarm plaat in ‘n kleefvrye pan sonder enige olie.
Bedien warm.
Resep geplaas: Santie Carelse




SKONS MET KEFIR / KARRINGMELK

SKONS MET KEFIR / KARRINGMELK
Sif saam:
500 g bruismeel
1 teelepel sout
2 eetlepels suiker
Klits dan:
2 eiers
½ koppie olie
1 koppie kefir
Meng saam tot net gemeng en druk deeg plat so 2 cm dik op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Druk vorms uit en bak so 12 min by 180ºC.
Hierdie resep is so maklik en vinnig
Resep:  Renate Terblanche




OLIESKONS

SKONS
Resep: Lindi Ouwerling
Foto: Ashley Gordon
FOOD LOVERS RECIPES

Meng saam:
2 koppies koekmeel
4 teelepel bakpoeier
Knypie sout
Meng die volgende saam met melk tot by 300ml.
100 ml olie
1 eier
Vou die nat- by die droë bestanddele in, moet nie te veel meng nie daar kan nog droë klonte wees
Bak by 200ºC tot goudbruin.

 




VETMUIS PLAASKOMBUIS SE SKONS


VETMUIS PLAASKOMBUIS SE SKONS
Resep en Foto: Anita Meyer
FOOD LOVERS RECIPES

Meng die volgende saam:
500 g bruismeel
1 teelepel bakpoeier
2 eetlepel suiker
knippie sout
Klits die volgende saam:
4 eetlepel kookolie
2 eiers
1 koppie melk

Meng alles saam en knie dit deur maar nie te veel nie, net tot deeg bymekaar kom.
Rol die deeg uit ongeveer 2 cm.
Druk skons uit en pak op gespuite bakplaat.
Bak 180ºC vir 12 minute.




AFRICA SCONES


AFRICA SCONES
500 g Rama margarine
1,5 kg self raising flour
3 eggs
625 ml sugar
egg yellow colouring

Cream margarine and sugar until light and fluffy, beat in the eggs one at a time and beat well after each addition. Add a few drops of egg yellow colouring. Sift the flour and add to the egg mixture, be careful of overmixing. Spoon into greased muffin tins and bake at 180ºC until done. Depends on the size 12-20 min.

Nota: Hierdie resep by my huishulp gekry dalk is dit wat jy soek. Dalk die suiker verminder.
Resep geplaas deur Barbara Swart




KAASSKONS SONDER EIERS


KAASSKONS SONDER EIERS:
1 koppie koekmeel
1 koppie melk
1 koppie kaas
15 ml bakpoeier
5 ml sout

Meng alles en bak in ‘n gesmeerde muffin pan vir 20 minute teen 180°C tot gaar.
Resep en foto: Gerda Kruger




ZELDA’S SELF RAISING SCONES


ZELDA’S SELF RAISING SCONES
Scones just out the oven!
1 cup milk
2 eggs
500 g self raising flour
50 ml oil
1 teaspoon vinegar
1 teaspoon salt
5 teaspoons sugar

Mix all above together, press down on floured surface about 2- 3 cm thick.
Cut out scones, place on a prepared baking tray and bake for 15 minutes at 180ºC.
Recipe and photo:  Zelda Ellis




MAKLIKE SKONS MET MARGARIEN


MAKLIKE SKONS MET MARGARIEN
2 koppies koekmeel gesif
4 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
4 eetlepels margarien

Meng bogenoemde bestanddele saam en vryf met vingerpunte in tot dit soos broodkrummels lyk.
Meng die volgende saam en meng in by meelmengsel
1 eier geklits
¾ koppie melk

Skep lepelsvol op ‘n bakplaat OF in kolwyntjie pannetjies
Bak 12 min by 230ºC (450 ºF).
Ek het 12 skons uitgekry,dit kan verskil.
Resep en foto : Hilda Mariette Snyders




QUICK SCONES

QUICK SCONES
Makes 12
120 g sifted flour
3 teaspoons baking powder
150 g grated cheddar cheese
¼ teaspoon mustard powder (don’t leave this out)
½ teaspoon salt
1 egg
185 ml milk

Heat your oven to 200º C and butter a muffin tin.
Sift the flour, baking powder, salt and mustard powder together into a bowl and then add cheese and give it a quick turn with a spoon.
Whisk the egg lightly with a fork to break it up and add to milk, then add it to the flour mixture and give it a good mix to distribute the cheese evenly and make a consistent batter.
Spoon into muffin tin and bake for 10 min.
Recipe posted by Amanda Theunissen
Photo: Amanda Theunissen