MACARONI-PASTEI
Was moedeloos oor my macoroni-pastei altyd uitmekaar val. Totdat ek eendag uit moedeloosheid ‘n pakkie Potato Bake bygegooi het en… whallah… nou kom dit mooi stewig en die Potato Bake gee dit ‘n baie lekker smaak.
1 pak macaroni gekook met sout
250 g spek, fyn gekap en gebraai
1 blik tamatie en uie smoor
3 eiers geklits
genoeg cheddar kaas, gerasper
1 pakkie potato bake (bacon and cheese)
Plaas spek, tamatie en uie smoor bymekaar in ‘n mengbak. Voeg ‘n handvol kaas by. Meng deeglik.
Een van twee keuses.
Kan in lae gepak word, en sny tamatieskyfies bo-oor
Of meng alles bymekaar en sit net bo-op tamaties. Besluit self.
Maak Potato-bake aan soos op die verpakking en meng die saam met die geklitste eiers, giet oor gereg.
Sprinkel gerasperde kaas oor na smaak.
Bak in oond vir ongeveer 30 min (of tot alles gestol het) by 180°C.
Resep gepos deur Lorraine Weitz Brand








