DOODEET-LEKKER KOEKIES

star cookies
DOODEET-LEKKER KOEKIES
1 kg botter (of goeie kwaliteit bak-margarien)
1 kg koekmeel
500 g versiersuiker

Voorverhit die oond tot 180°C.
Room botter en versiersuiker tot baie lig met elektriese klitser of voedselverwerker, dit moet amper soos styfgeklitste room lyk. Roer die meel by. Rol uit (die deeg het ‘n lekker tekstuur, soos klei, kinders kan maklik daarmee werk). Druk vormpies van eie keuse uit. Bak vir 10-15 minute.
Dit maak vreeslik baie koekies!

Resep:  Marlise Booyens




SPEKVLEIS EN AARTAPPELGEREG

spekvleis en aartappel geregtested

SPEKVLEIS EN AARTAPPELGEREG
227 g spekvleis (swoerd verwyder )
1 eier
1 Tamatie
1 koppie gerasperde kaas
4 Aartappels (gekook en fyngedruk met bietjie melk)

Kook die spekvleis in ‘n bietjie kookwater. Klop die eier goed en voeg dit by die aartappels. Pak die spekvleis en aartappels in lae en strooi die kaas oor elke laag. Sit gesnyde tamatieskyfies bo-op. Sit ‘n paar stukkies botter bo-op en strooi kaas oor. Bak in warm oond. Strooi gekrummelde ‘Post Toasties’ of broodkrummels oor en dan gerasperde kaas. Klits eier met ‘n bietjie melk en sout en gooi dit dan oor die mengsel. Sit stukkies botter op en bak in, warm oond totdat dit lekker bros kors gevorm het. Dit is baie ekonomies.
Foto:  Marie Rheeder Troskie




SKAAPVLEISBREDIE MET RYS EN GROENTE

SKAAPVLEISBREDIE MET RYS EN GROENTE
1 kg vet skaapvleis
750 ml water
180 ml rou rys
500 ml ryp tamaties, geskil en gesny
750 ml aartappels geskil en gesny
Sout, peper en suiker na smaak
Ekstra water
Kook die vleis in 750 ml water vir ongeveer 1 uur tot amper sag.
Kook die rys en spoel goed af. Hou eenkant.
Giet die sous van die vleis af en voeg genoeg water by om 500 ml te maak.
Plaas die tamaties, rys en aartappels op die vleis.
Strooi sout, peper en suiker oor.
Giet vleissous oor.
Sit die deksel styf op (ek gebruik my drukkoker) en stoom gaar oor lae hitte. Stoom stadig vir 45-60 min lank… MOENIE HAASTIG WEES NIE..
Hierdie dis vries baie goed.. ek maak dit sommer dubbel .
Resep: Wilma Josey Venter




BAKED LEMON PUDDING

 tested

BAKED LEMON PUDDING
100 ml butter
100 g castor sugar
2 large eggs, separated
250 ml self raising flour
pinch of salt
grated rind and juice of 1 large lemon
500 ml milk

Beat butter and sugar until light and creamy, then beat in yolks very well.
Sift flour and salt together.
Beat egg whites until stiff peaks form.
Fold flour into yolk mixture with lemon rind, juice and milk.
Fold egg whites in lightly, then stir in remaining milk.
Pour into a well greased ovenproof dish and bake at 180 ºC for 30 – 40 min, or until well risen.
Photo:  Wayne Dugmore
Recipe posted by Riana Du Plessis




MARIE SE VLATERT

vlaterttested
MARIE SE VLATERT
750 ml melk
125 ml vlapoeier
1 pak tennisbeskuitjies
1 blik kondensmelk
45 ml suurlemoensap
Maak vla van die melk en vlapoeier. Laat effens afkoel. Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam. Pak ‘n laag tennisbeskuitjies in ‘n reghoekige bak. Gooi die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk. Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en gooi die louwarm vla daaroor. Rasper van die beskuitjies bo-oor en versier soos verkies. Laat goed afkoel.
Resep: Marie Rheeder Troskie
Foto:  Charne de Jager




GOATS’ CHEESE AND BASIL SCONES

goats cheese sconestested
GOATS’ CHEESE AND BASIL SCONES
400 g plain flour
200 g butter chilled
2 tsp baking powder
1 tsp salt
a pinch of cayenne pepper (optional)
300 ml buttermilk
200 g goats’ cheese
a handful of basil
2 bsp grated cheese

Preheat the oven to 220 degrees celcius – put the flour in a bowl and rub the butter into it until crumbly. Add baking powder, salt and cayenne pepper and mix lightly with your hands. Add butterilk, mix with a spoon until it just holds together. Tip onto a floured work surface. Fold the dough onto itself a few times while working the goats’ cheese and the basil into it. Add the other cheese. Cut the scones with a 5 cm cutter and place a small piece on the top of each scone. Bake for 10-15 minutes or until it has doubled in size!
SOURCE and photo: Carol Visser



PIESANGSKUIM POEDING

piesangskuim poedingtestedpiesangskuim poeding bettie

PIESANGSKUIM POEDING
Baie groot tert of dalk twee
1 koppie suiker
1 pak suurlemoen jellie
1 blik ideal melk oornag in yskas.
6 of so ryp piesangs

Druk piesangs fyn, sit in pot op die stoof saam met suiker en jellie en prut tot suiker gesmelt is. Roer aanhoudend, dit brand maklik. Koel mengsel heeltemal af.
Klits ideal melk tot baie styf, meng by afgekoelde piesang mengsel en sit in yskas om af te stol. Ek het geen idee waar Ma die resep gekry het nie, maar eet hom al van kind af.
Nota:  mens kan ook beskuitjies onder in sit vir ‘n kors
Resep: Alida Siebrits
Foto: Benhet Nieuwenhuis
2de foto:  Bettie Venter – SMAAK HEERLIK HET DIT IN N TUPPERWARE VORM GEMAAK




BEREMENGSEL VIR WITSOUS

tested

BEREMENGSEL VIR WITSOUS
200 g (550 ml) poeiermelk
140 g (250 ml) koekmeel
250 g verkilde margarien

Sif meel en poeiermelk 3 x saam.
Rasper margarien en frummel in meelmengsel (tot dit lyk soos fyn korreltjies).Bêre in lugdigte houer en yskas.
Lewer 600 g (1,6 liter)

Formule:
Dun Witsous = 40 g (100 ml) bêremengsel
Medium Witsous = 60 g (150 ml) bêremengsel
Dik Witsous = 80 g (200 ml) bêremengsel

Meng met:
2 ml sout
knypie peper
200 ml koue water
pietersielie/kaas indien verkies
Kook tot dik.
Resep:  Lorraine Weitz Brand

MY MAGIC WITSOUS BÊREMENGSEL
2 koppies melkpoeier (NIE CREMORA NIE)
1 koppie koekmeel
250 g botter

Sif melkpoeier en koekmeel saam,
Rasper botter in en vryf met vingers tot dit lyk soos mieliemeel.
Gooi in ‘n houer en hou in jou yskas.
Dit hou ‘n leeftyd – al wat jy doen, is:  jy skep 4 eetlepels van die mengsel en gooi ¾ koppie kookwater by en roer tot dik.
Hier kan jy speel met meer water vir dunner sous of meer mengsel vir dikker sous en nou kan jy gerasperde kaas inroer.
Nota:
Ek koop altyd SPAR se volroom poeiermelk – Hou dit verkieslik in vrieskas.
Foto en resep:  Roni Van Der Walt




FRIKKADELLE MET KERRIE-PYNAPPELSOUS

FRIKKADELLE MET KERRIE-PYNAPPELSOUS
Hierdie maak ek graag in die winter. Gemoedskos en spesiaal genoeg vir gaste.
750 g maalvleis
1 groot ui gekap
1 pak (150 g) Sout en Asyn chips (verkrummel)
1 eier geklits
sout en peper
Meng alles saam en maak frikkadelle. Rol frikkadelle in meel en sit in bak.
Sous
2 groterige uie in ringe
1 blik 410 g pynappelstukkies
50 ml asyn
20 ml bruinsuiker
15 ml kerriepoeier
10 ml borrie
30 ml margarien
Braai uie in margarien en voeg res van bestanddele by. Gooi oor rou frikkadelle en bak in oond tot gaar. Bedien met rys of kapokaartappels.
Resep:Lorraine Weitz Brand
Foto: Adam Cloete




MACARONI-PASTEI

tested

MACARONI-PASTEI
Was moedeloos oor my macoroni-pastei altyd uitmekaar val. Totdat ek eendag uit moedeloosheid ‘n pakkie Potato Bake bygegooi het en… whallah… nou kom dit mooi stewig en die Potato Bake gee dit ‘n baie lekker smaak.
1 pak macaroni gekook met sout
250 g spek, fyn gekap en gebraai
1 blik tamatie en uie smoor
3 eiers geklits
genoeg cheddar kaas, gerasper
1 pakkie potato bake (bacon and cheese)

Plaas spek, tamatie en uie smoor bymekaar in ‘n mengbak. Voeg ‘n handvol kaas by. Meng deeglik.
Een van twee keuses.
Kan in lae gepak word, en sny tamatieskyfies bo-oor
Of meng alles bymekaar en sit net bo-op tamaties.  Besluit self.
Maak Potato-bake aan soos op die verpakking en meng die saam met die geklitste eiers,  giet oor gereg.
Sprinkel gerasperde kaas oor na smaak.
Bak in oond vir ongeveer 30 min (of tot alles gestol het) by 180°C.
Resep gepos deur Lorraine Weitz Brand