

SKAAPVLEISBREDIE MET RYS EN GROENTE
1 kg vet skaapvleis
750 ml water
180 ml rou rys
500 ml ryp tamaties, geskil en gesny
750 ml aartappels geskil en gesny
Sout, peper en suiker na smaak
Ekstra water
Kook die vleis in 750 ml water vir ongeveer 1 uur tot amper sag.
Kook die rys en spoel goed af. Hou eenkant.
Giet die sous van die vleis af en voeg genoeg water by om 500 ml te maak.
Plaas die tamaties, rys en aartappels op die vleis.
Strooi sout, peper en suiker oor.
Giet vleissous oor.
Sit die deksel styf op (ek gebruik my drukkoker) en stoom gaar oor lae hitte. Stoom stadig vir 45-60 min lank… MOENIE HAASTIG WEES NIE..
Hierdie dis vries baie goed.. ek maak dit sommer dubbel .
Resep: Wilma Josey Venter






