SPEKVLEIS EN AARTAPPELGEREG
227 g spekvleis (swoerd verwyder )
1 eier
1 Tamatie
1 koppie gerasperde kaas
4 Aartappels (gekook en fyngedruk met bietjie melk)
Kook die spekvleis in ‘n bietjie kookwater. Klop die eier goed en voeg dit by die aartappels. Pak die spekvleis en aartappels in lae en strooi die kaas oor elke laag. Sit gesnyde tamatieskyfies bo-op. Sit ‘n paar stukkies botter bo-op en strooi kaas oor. Bak in warm oond. Strooi gekrummelde ‘Post Toasties’ of broodkrummels oor en dan gerasperde kaas. Klits eier met ‘n bietjie melk en sout en gooi dit dan oor die mengsel. Sit stukkies botter op en bak in, warm oond totdat dit lekker bros kors gevorm het. Dit is baie ekonomies.
Foto: Marie Rheeder Troskie








