

KOOS SE BRAWN-SULT
Ek het Bees boude gekoop om wors en biltong ens te maak.
Toe se iemand ek moet die bene afkook en die vleis en Gelatine wat uitkook meng met speserye en n lekker brawn maak.
Al die ou resepte wat ek kon kry praat van teelepel sout halwe teelepel dit en n teelepel dat. Maar hoe vol moet daai teelepel wees en al die teelepels is ook nie dieselfde grote nie.
Toe gooi ek maar na smaak
Ek het wel probeer onthou.
Al die bene eers af gekook saam met vark wat ek by gesit het – nie die kop nie.
Die bene uit gehaal en laat afkoel en die vleis afgehaal en fyn gesny
Die sous in die pot het toe mooi n vet laag bo gevorm en die Gelatine onder die vet. Continue reading











