

AARTAPPEL PANNEKOEKIES GEVUL MET HOENDER PATTIES
Jy vat so 4 medium aartappels, skil en sny in blokkies, plaas in voedselverwerker saam met die volgende:
1 meduim ui opgekap
sout en peper
1 eetlepel knoffel
Maak alles fyn.
Keer uit in ‘n mengbak en voeg 1 eier en bietjie koekmeel by. (Ek het meel bygesit nie regtig gemeet nie.) Net sodat mengsel nie te slap of te styf is nie.
Bak gekoopte hoender patties en hou eenkant.
Maak ‘n pan met bietjie olie warm, maar nie te warm nie.
Skep lepels vol aartappelbeslag in die pan sit ‘n gaar pattie bo op en skep weer ‘n lepel aartappelbeslag bo op die pattie.
Laat hy onder gaar word, draai die stapeltjie versigtig om sodat albei kante gaar en bruin is. Dreineer op kombuispapier terwyl jy die res ook gaarmaak.
Bedien met lekker kaassous, kyk maar dat jy genoeg sout en peper byvoeg
Het heerlik uitgekom.
Foto: Ronel Muller Thoma






