


HOENDER SATE MET SATE(SATAY) SOUS
Sny ‘n hoenderborsie in die lengte in 4 tot 6 strokies en ryg elke strokie so “zig-zag” op ‘n Sosatie stokkie. Meng kerrie poeier en bruin suiker so 50/50 en strooi mildelik oor. Laat marineer vir sowat ‘n uur. Braai on ‘n pan met olie tot mooi goudbruin.
Sous
1 koppie Grondboontjie botter
1 blikkie klappermelk (400 en iets gram)
1 ui – fyngekap
1 rooi soet peper – fyngekap
1 eetlp (15ml) kerrie poeier
2 eetlp (30ml) suurlemoensap
1 teelp (5ml) suiker
Sout na smaak
Braai die ui en rissie in ‘n bietjie olie tot sag maar nie verkleur nie. Voer die res by en bring net tot kookpunt. Verwyder onmiddellik van die hitte en proe. Pas aan na jou smaak deur sout of suiker of suurlemoensap by te voeg.
Bedien as volg:
Op ‘n klein bordjie ‘n skep rys. Bo-op die rys 2 of 3 Sate, sous so oor die middel gedeeltes van die Sate met ‘n redelike klompie langs die rys. Sprinkel met gekapte pietersielie en geniet.
Resep:Albert Buitenhuis






