

PIESANG-KARAMEL KAASKOEK MET SKYFIES PIESANG
Maak 1½ pakkie tennisbeskuitjies fyn en meng met 150 g gesmelte botter.
Druk die mengsel in ‘n gesmeerde veerpan wat met foelie uitgevoer is en weer gesmeer is vas.
Druk dit op die bodem en so half teen die kante op vas en verkoel so 1 uur in die yskas.
Vulsel:
Klits die volgende styf:
250 ml room
60 ml strooisuiker
Klits die volgende by:
2-3 houers roomkaas (ek gebruik graag Lancewood se roomkaas, dit is lekker styf.) Continue reading












