

MARIA SE TUNA SOUFFLE’S
Braai die volgende saam in botter:
1 ui, gekerf
½ groen soetrissie, gekerf
½ rooi soetrissie, gekerf
Laat afkoel.
Meng die volgende saam:
4 eiers
2 blikkies gedreineerde tuna
½ koppie melk
½ teelepel bakpoeier
1 teelepel paprika
½ teelepel rooipeper
sout en peper na smaak
Ekstra:
mozarella kaas, gerasper vir oorstrooi
Meng koue gebraaide mengsel by die tunamengsel.
Skep in gespuite muffin pannetjies, half vol en strooi mozarella kaas bo-oor.
Bak ongeveer 10 min op 180ºC en 5 min met grill aan.
Resep: Maria Combrink
Foto: Rika Olivier







geskuif