

SOUFFLE OMELET
Souffle Omelet met gebraaide uie, sampioene, groen-, rooi-, en geel soetrissies, spek en kaas.
3 eiers, geskei
knippie sout
Klits die eierwitte en sout tot styf.
Klits die gele en vou dit by die styf geklitste eierwitte in.
Spuit ‘n pan met kossproei en voeg 1 eetlepel botter of olie in die pan.
Verhit tot goed warm (medium hitte). Giet die eiermengsel in die pan. Skraap ⅓ de van die beslag na die binnekant van die pan met ‘n eierspaan en vryf van die rou beslag in die opening. Herhaal tot amper al die rou beslag gestol is. Skep die vulsels op die helfde van die omelet en vou die ander helfde oor die vulsel. Gly die omelet op ‘n bord uit. Plaas die bord in ‘n warm oond vir ongeveer 2 – 3 minute.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld.






