

GEMARINEERDE KOOL EN BROCOLLI SLAAI
Slaai:
ewe veel kool en broccoli
2 rooi uie in ½ ringe gesny
1 bos seldery klein gesny
rooi en geel soetrissie repe gesny
Marinade:
Vir 1 kool kop en 1 broccoli is die marinade:
1 koppie suiker
1 koppie witasyn
½ koppie olyfolie
Meng die bogenoemde saam. Was die broccolli en kool mooi af, breek broccolli in blommetjies en kerf die kool soos verkies.
Giet oor sous oor die slaai bestanddele en laat staan vir 1 dag voor bediening.
Dreineer die marinade af.
Dit is ‘n pragtige kleurvolle slaai en dit word glad nie pap nie hou lank.
Geniet dit
Resep: Joey kotze






