

MAUREEN SE WILD SOSATIES
Vir die wild sosaties in wording…
Dirk vir hierdie ene het jy liefde vir wildsvleis nodig soos net n Namibier kan he ne 😉 ! Ok eerstens jy skiet vir jou n lekke springbokkie! Dan ontbeen jy sy een boudjie want die anner gedeeltes gaan ons later gebruik ne! Dan sny jy vir hom in lekke byt groottes blokkies, jy kry vir jou lekke spek (vark of skaapstert keuse is joune) dan vir die marinade vat jy
3 eetlepels kerrie
2 eetlepels borrie
30ml bruin asyn
60ml Worcestershire sous
60ml tamatie sous
60ml chutney
30ml appelkoos konfyt
so 3 sterrietjie anyse
so 4 lourier blare
dan die heel belangrikste n hele bier ( keuse is joune)! Continue reading










