

KUDU PASTEI IN GROOTMAAT
(80 ruim porsies)
16 kg kudu vleis
3 kg goeie varkspek in 1cm blokkies gesny
10 medium uie
8 gaar aartappels in klein blokkies gesny
3 koppies appelsap
3 koppies pynappelsap
4 koppies Worcester sous
3 koppies sojasous
8 eetlepels fyn koljander
Sout en swartpeper na gevoel vir die wat weet
10 teelepels potjiekos speserye
4 koppies goeie rooiwyn verkieslik Merlot
Oond op 180°C vir 6 tot 7 ure tot baie sag
Vlok alles en gooi bene weg.
Vou aartappelblokkies in
Maak lang sous met die vleisaftreksel en voeg by.
Bedek met skilferdeeg en bak deur in oond tot kors verbruin.
Jammer ek doen alles in groot maat. ek het 4 shaffing dish panne vol gemaak vir vandag. Het nog 1 oor. Hierdie Kudu pastei was loshande my lekkerste vleisdis van 2016.
Lekker eet Food Lovers
FOTO EN RESEP: Fanie Smit






