MAUREEN SE WILD SOSATIES

maureen se sosatiestested

MAUREEN SE WILD SOSATIES
Vir die wild sosaties in wording…
Dirk vir hierdie ene het jy liefde vir wildsvleis nodig soos net n Namibier kan he ne 😉 ! Ok eerstens jy skiet vir jou n lekke springbokkie! Dan ontbeen jy sy een boudjie want die anner gedeeltes gaan ons later gebruik ne! Dan sny jy vir hom in lekke byt groottes blokkies, jy kry vir jou lekke spek (vark of skaapstert keuse is joune) dan vir die marinade vat jy
3 eetlepels kerrie
2 eetlepels borrie
30ml bruin asyn
60ml Worcestershire sous
60ml tamatie sous
60ml chutney
30ml appelkoos konfyt
so 3 sterrietjie anyse
so 4 lourier blare
dan die heel belangrikste n hele bier ( keuse is joune)!
Dan sny jy so 2 heel rou uie en meng met die vleisies werk hulle maar goed deur dan gooi jy die sousie oor die vleis en laat vir hom staan vir so 3 dae! Nou het hulle al lekker gesels in die bak ne! Nou vat jy green peppers sommer al die kleure sny hulle blokke, vat die uitjies wat saam die vleis gekuier het en droe perskes saam die spek, dan ryg jy vir hulle op jou sosatie stokkie (die gekooptes of die metaal ene) braai hulle saam met n lekker braai broodjie opi kole of wat ook al!
Dan eet jy mos lekke!

FOTO EN RESEP:  Maureen Murphy




HENDRIK SE ELANDPASTEIE

ELAND PASTEIEtested
HENDRIK SE ELAND PASTEIE
500 g eland maalvleis
1 groot ui, gekap
1 eetlepel gekapte vars koljander blare
3 tamaties, geskil en gekap
1 eetlepel Freddy Hirsch Winchester spice
2 eetlepels uitgebraaide skaapstert vet
Bisto vir dik maak
knoffel na smaak
1 broskors deeg soos in Kook En Geniet of gekoopte deeg
1 geklopte eier

Braai uie in vet tot sag. Voeg maalvleis by en braai tot bruin
Voeg ander bestanddele by behalwe Bisto en prut tot gaar.
Wanneer reg, maak Bisto aan en verdik. Laat koel af.
Maak jou broskors deeg en voer kolwyntjie pan, vul met vleis mengsel, sit deksels op en smeer met geklopte eier.
Bak in voorverhitte oond by 180°C  tot bruin vir ongeveer 20 min.

Resep en foto:  Hendrik Markgraaff




HOME CURE SPRINGBUCK CARPACCIO

resized-bokkietested

HOME CURE SPRINGBUCK CARPACCIO

Carpaccio is a starter of thinly sliced meat served raw with various flavor enhancers like balsamic reduction, red wine reduction or vinaigrette. This cured springbuck carpaccio made from the fillet, has a far more robust flavor, and certainly a far superior texture to its raw counterpart. It is ideal when catering for larger groups, as most of the work is done long before the time.
1.5 kg springbuck fillet
2.5 liter water
375 g un-iodated salt (dairy salt / kosher salt)
12.5 g saltpetre
45 g sugar
15 g bicarbonate of soda
2.5 ml black peppercorns
1 bay leaf
1 whole allspice
15 ml ground ginger
5 ml garlic powder

Place the water, dairy salt, saltpetre, sugar, bicarbonate of soda, peppercorns, bay leaf, allspice, ground ginger and garlic powder in a pot.
Bring this to a boil, reduce the heat and simmer for 5 minutes stirring every minute.
Remove the pot from the heat and allow the brine to cool completely.
Take 1.5 kg of Springbuck fillet and pat this dry.
Place the meat in a sterilized container. Pour the brine over the beef to completely cover.
Put the lid on the container and allow this to cure in your refrigerator for 3 full days, turning the beef over every 24 hours.
Remove the beef from the brine and place it on a stainless steel rack in a pan. Dry the beef using kitchen paper then allow the beef to air-dry in your refrigerator for 4 days, turning the meat over daily.
After the drying period, the meat will be quite firm, and will have a beautiful burgundy color.
Slice the carpaccio thinly and serve according to your recipe or requirements.
You can wrap and freeze the fillets at this stage for up to six months.
Recipe posted by Lisinda Blaauw
Photo: Lisinda Blaauw




WILDSPOT

wildspottested

WILDSPOT

Uie
Knoffel
Bacon
Italian herbs and spices
Baba aartappels
Baby marrows
Mielies
Mushrooms
1 Pakkie Oxtail Sop poeier

Braai knoffel en uie. Voeg 2 pakkies bacon by sodat die vleis nie droog is nie.
Sit vleis in pot vir so 10 min en voeg ‘n halwe bottel rooiwyn by.

Los vir 45 min tot ‘n uur.

Voeg Italian herbs, sout en peper by. Voeg die baba aartappels by, daarna baby marrows, mielies uit die blikkie en mushrooms.

Los vir so uur en ‘n half. Voeg ‘n pakkie Oxtail soppoeier by, en ‘n halwe pakkie mushroom soppoeier aangemaak met water. Rys gaargemaak met borrie en sout.

Foto en resep: Anesta van der Linde‎




KUDU PASTEI IN GROOTMAAT

kudu pasteietested
KUDU PASTEI IN GROOTMAAT
(80 ruim porsies)
16 kg kudu vleis
3 kg goeie varkspek in 1cm blokkies gesny
10 medium uie
8 gaar aartappels in klein blokkies gesny
3 koppies appelsap
3 koppies pynappelsap
4 koppies Worcester sous
3 koppies sojasous
8 eetlepels fyn koljander
Sout en swartpeper na gevoel vir die wat weet
10 teelepels potjiekos speserye
4 koppies goeie rooiwyn verkieslik Merlot
Oond op 180°C vir 6 tot 7 ure tot baie sag
Vlok alles en gooi bene weg.
Vou aartappelblokkies in
Maak lang sous met die vleisaftreksel en voeg by.
Bedek met skilferdeeg en bak deur in oond tot kors verbruin.
Jammer ek doen alles in groot maat. ek het 4 shaffing dish panne vol gemaak vir vandag. Het nog 1 oor. Hierdie Kudu pastei was loshande my lekkerste vleisdis van 2016.
Lekker eet Food Lovers

FOTO EN RESEP:  Fanie Smit




SEAN SE TUISGEMAAKTE BUFFELWORS

sean se tuisgemaakte buffelworstested

SEAN SE TUISGEMAAKTE BUFFELWORS
Hierdie is vir so 6.5kg wors:
Ek het buffel rugstring vleis gebruik 3.5kg grof gemaal.
3 kg beesbrisket grof gemaal.
250g Deli se Droëworsspeserye
50g Deli se Koedoewors speserye
1 koppie bruinasyn
Meng alles goed deur.
Maal weer alles saam deur growwe meul.
Stop in dun skaapderm.
Bron en foto: Sean O’Brien




GIDEON SE BLESBOK WORSROLLETJIES

gideon se blesbok worsrolletjiestested

GIDEON SE BLESBOK WORSROLLETJIES
Vulsel:
500 g maalvleis van jou keuse, gekook tot gaar saam met ‘n gekerfde ui. Ons het blesbok maalvleisgebruik
3 eetlepels sweet chillie sous
¼ koppie balsamiese asyn
1 eetlepel blatjang
1 eetlepel “crushed” knoffel
½ teelepel chillie vlokkies
2 eetlepels suiker
sout en peper na smaak

Deeg:
230 g Stork margarien
½ koppie kookwater
2 koppies bruismeel
bietjie sout

Smelt margerien in kookwater en meng met bruismeel en ‘n klein bietjie sout.
As mengsel te slap is, sit nog bietjie meel by. Plaas in yskas vir ± 1 uur om styf te raak.
Rol  deeg uit, nie te dik nie, want dit rys heelwat dikker in oond.
Sny deeg in blokkies van jou keuse en skep maalvleis mengsel op een helfte van deeg en rol tot punte bymekaar is aan die onderkant.
Pak rolletjies op gespuite stuk foelie op plat bakplaat.
Smeer rolle met geklitste eier.
Bak in voorverhitte oond op 180°C vir ± 30 – 35 min tot mooi goudbruin.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw




ANNELINE SE ROOIBOK-POTJIE

Rooibok-potjietested

ANNELINE SE ROOIBOK-POTJIE
1 rooibok boud, in blokkies gesny
1 kg varkvleis met vet
1 l melk
½ koppie asyn
3 eetlepels Texan steak spices
1 eetlepel mild curry
1 teelepel gemmer
8 heel naeltjies
1 teelepel crushed garlic
1 teelepel sout
1 koppie water

Sous:
5 teelepels Bisto
1 l water
5 eetlepels Worcestersous
5 eetlepels tamatie sous
5 eetlepels sweet chillie sous
groente
15 klein aartapeltjies
½ pak wortels, geskil en in stukke gesny
6 uie
1 pak sampioene in kwarte gesny

Week die rooibok vleis in die melk vir 1 uur. Haal uit die melk en kook vir 1 uur in water met die asyn. Dreineer en was mooi af, sit eenkant.
Braai die uie met al die ander bestanddele behalwe die sous bestanddele, groente en 1 liter water. Voeg die varkvleis by en braai tot vleis mooi bruin is.Voeg die rooibok en 1 koppie water by en prut stadig vir 2 ure.
Voeg die groente by en prut tot groente sag is. Meng al die sous bestanddele en voeg by en prut vir nog 30 minute.
Bedien met rys of stampmielies.

Foto en resep deur Anneline Le Roux Marx‎




AUBREY SE WILDEBEES FILLET

aubrey se wildebees fillettested
AUBREY SE WILDEBEES FILLET
Ek het snye in die fillet gemaak en vol beesbiltong vet gestop.
Die broodpan met botter gesmeer en met vet spekrepe uitgele, n laag gerasperde cheddar kaas onder gestrooi, die fillet met gesmelte botter en knoffel gesmeer growwe.
Ek het die sout en die biltong speserye wat altyd onder in die pak le gestrooi, nog n lagie chedder bo oor en toe die spek styf oor gevou en vas gedruk.
Toe splertsie franse slaaisous(vinnegarette) oor gegooi, in die oond vir 2 uur @ 180 grade en dit was alles.
Net op ingewing gedoen geen resep waarvan ek weet nie

Bron en fotos: Aubrey Winter




BLOUWILDEBEES BRAAIWORS

BLOUWILDEBEES BRAAIWORStested
BLOUWILDEBEES BRAAIWORS

Die resep is my ouma s’n en ek gee dit weer soos dit geskryf is:
9 pond vleis
3 pond spek
2 eetlepels sout
4 eetlepels geroosterde koljander
1 teelepel fyn naeltjies
1 teelepel peper
Half koppie asyn
Sny vleis en spek in blokke en voeg al die speserye en asyn by
Meng goed deur
Maal deur 13mm plaat
Maal tweede keer deur 8mm plaat
Stop in derm dikte van jou keuse.
Ons het maklik vandag met vleis sae, elektriese meules en vleis stoppers van n verskeidenheid grootes, dink jouself in om n bees te bewerk handsae, hand meule en wors te stop met n beeshoring.

Resep en foto: Hendrik Markgraaff