GIDEON SE BLESBOK WORSROLLETJIES
Vulsel:
500 g maalvleis van jou keuse, gekook tot gaar saam met ‘n gekerfde ui. Ons het blesbok maalvleisgebruik
3 eetlepels sweet chillie sous
¼ koppie balsamiese asyn
1 eetlepel blatjang
1 eetlepel “crushed” knoffel
½ teelepel chillie vlokkies
2 eetlepels suiker
sout en peper na smaak
Deeg:
230 g Stork margarien
½ koppie kookwater
2 koppies bruismeel
bietjie sout
Smelt margerien in kookwater en meng met bruismeel en ‘n klein bietjie sout.
As mengsel te slap is, sit nog bietjie meel by. Plaas in yskas vir ± 1 uur om styf te raak.
Rol deeg uit, nie te dik nie, want dit rys heelwat dikker in oond.
Sny deeg in blokkies van jou keuse en skep maalvleis mengsel op een helfte van deeg en rol tot punte bymekaar is aan die onderkant.
Pak rolletjies op gespuite stuk foelie op plat bakplaat.
Smeer rolle met geklitste eier.
Bak in voorverhitte oond op 180°C vir ± 30 – 35 min tot mooi goudbruin.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw