

ELSABE SE WIT VANILLAKOEK
Foto en resep: Elsabe Britz Vander Watt
FOOD LOVERS RECIPES
6 eiers geskei
2 koppies koekmeel
6 teelepels bakpoeier
knippie sout
1 koppie olie
1 koppie warm melk
2 koppies suiker
2 teelepel vanilla geursel
Skei eiers, klits eiergele met suiker tot donserig, klits olie en melk by en dan al die droë bestanddele.
Klits goed en vou styf geklitse eier witte by. Skep in 2 panne en bak 35 min oond 180ºC.






