ELSABE SE WIT VANILLAKOEK

elsabe se wit vanillakoektested

ELSABE SE WIT VANILLAKOEK
6 eiers geskei
2 koppies koekmeel
6 teelepels bakpoeier
knippie sout
1 koppie olie
1 koppie warm melk
2 koppies suiker
2 teelepel vanilla

Skei eiers, klits eiergele met suiker tot donserig, klits olie en melk by en dan al die droë bestanddele.
Klits goed en vou styf geklitse eier witte by, gooi in 2 panne en bak 35 min oond 180ºC.
Foto en resep: Elsabe Britz Vander Watt