

AUBREY SE WILDEBEES FILLET
Ek het snye in die fillet gemaak en vol beesbiltong vet gestop.
Die broodpan met botter gesmeer en met vet spekrepe uitgele, n laag gerasperde cheddar kaas onder gestrooi, die fillet met gesmelte botter en knoffel gesmeer growwe.
Ek het die sout en die biltong speserye wat altyd onder in die pak le gestrooi, nog n lagie chedder bo oor en toe die spek styf oor gevou en vas gedruk.
Toe splertsie franse slaaisous(vinnegarette) oor gegooi, in die oond vir 2 uur @ 180 grade en dit was alles.
Net op ingewing gedoen geen resep waarvan ek weet nie
Bron en fotos: Aubrey Winter






