

RAGIELA SE GELAAIDE PAPTERT
Oorskiet mieliepap weer fyngedruk en in bietjie kookwater weer gekook tot “fluffy”,
1 pakkie sampioene, gaargemaak
½ soet rooi rissie, saam met sampioene gebraai
1 blik uie en tamatiesmoor
witsous
1 eiervrug skyfies, gesny en gebraai in olie
2 hoenderfilette, in repies gesny en in pan gebraai
i.p.v. sout het ek Aromat gebruik
Cheddar kaas, gerasper
Lagie pap onder in bak, stapel die res op in lae met witsous en kaas op elke lagie. Eindig met kaas.
Bak in oond tot deurwarm en kaas gesmelt. Siedaar, ‘n hele eenskottel ete!
Bron: Ragiela Cloete
Foto: Adam Cloete






