

ANNELINE SE ROOIBOK-POTJIE
1 rooibok boud, in blokkies gesny
1 kg varkvleis met vet
1 l melk
½ koppie asyn
3 eetlepels Texan steak spices
1 eetlepel mild curry
1 teelepel gemmer
8 heel naeltjies
1 teelepel crushed garlic
1 teelepel sout
1 koppie water
Sous:
5 teelepels Bisto
1 l water
5 eetlepels Worcestersous
5 eetlepels tamatie sous
5 eetlepels sweet chillie sous
groente
15 klein aartapeltjies
½ pak wortels, geskil en in stukke gesny
6 uie
1 pak sampioene in kwarte gesny
Week die rooibok vleis in die melk vir 1 uur. Haal uit die melk en kook vir 1 uur in water met die asyn. Dreineer en was mooi af, sit eenkant.
Braai die uie met al die ander bestanddele behalwe die sous bestanddele, groente en 1 liter water. Voeg die varkvleis by en braai tot vleis mooi bruin is.Voeg die rooibok en 1 koppie water by en prut stadig vir 2 ure.
Voeg die groente by en prut tot groente sag is. Meng al die sous bestanddele en voeg by en prut vir nog 30 minute.
Bedien met rys of stampmielies.
Foto en resep deur Anneline Le Roux Marx






