

BLOUWILDEBEES BRAAIWORS
Die resep is my ouma s’n en ek gee dit weer soos dit geskryf is:
9 pond vleis
3 pond spek
2 eetlepels sout
4 eetlepels geroosterde koljander
1 teelepel fyn naeltjies
1 teelepel peper
Half koppie asyn
Sny vleis en spek in blokke en voeg al die speserye en asyn by
Meng goed deur
Maal deur 13mm plaat
Maal tweede keer deur 8mm plaat
Stop in derm dikte van jou keuse.
Ons het maklik vandag met vleis sae, elektriese meules en vleis stoppers van n verskeidenheid grootes, dink jouself in om n bees te bewerk handsae, hand meule en wors te stop met n beeshoring.
Resep en foto: Hendrik Markgraaff






