

SPRINGBOK CARPACCIO
1 Springbok Fillet, week vir 10 minute in bruin asyn en water mengsel om van die meeste wild smaak ontslae te raak
Droog die fillet af en plaas in die vrieskas vir ‘n uur.
Maak olie warm in pan en seël die fillet – 10 secondes albei kante.
Plaas die fillet terug in die vrieskas, koel goed af, die fillet moet nie vries nie, net effens styf wees, dit help met die gemaklik sny van die vleis.
1 rooi ui fyn
1 groen soetrissie, fyn gekap
Hou die bestanddele in aparte houers.
Sny Springbok Carpaccio met ‘n skerp mes 2 mm.
Plaas gesnyde springbok vleis op ‘n versier bord.
Sprinkel Balsamiese asyn oor.
Sprinkel gekapte fyn rou ui en groen soetrissie oor die Springbok Carpaccio soos op foto.
Sprinkel liggies met fyn cuman saad, skud geursel en sout liggies tot jou smaak. Baie lekker met ‘n glasie rooiwyn of twee.
Resep en foto: Merchant Steenkamp










